Vlag van Kenia
Gebruik | Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel |
---|---|
Verhouding | 5:9 |
Goedgekeur | 12 Desember 1963 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan met, in die middel van die vlag, twee spiese wat agter ’n rooi, wit en swart Masaiskild gekruis is. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n groot rooi anker op die wapperkant. |
Bynaam | Lugmagvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | ’n Blou vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en die rondeau van die lugmag op die wapperkant. |
Die nasionale vlag van Kenia (Engels: Flag of Kenya; Swahili: Bendera ya Kenya) is op 12 Desember 1963 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe wye horisontale bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan. In die middel van die vlag is ’n afbeelding van ’n tradisionele Masaiskild met twee spiese wat daar agter oormekaar gekruis is. Die vlootvaandel is die enigste variasie op die vlag van Kenia. Dit is ’n wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n groot rooi anker op die wapperkant.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die Masaiskild met die spiese is die simbool van die stryd om onafhanklikheid en die bereidheid om dit te verdedig.[1] (Die skild verskyn ook in ’n effense gewysigde weergawe op die wapenskild van Kenia.) Swart stel verder ook die Afrikavolk voor, rooi stel die gemeenskaplike bloed van die mens asook die stryd om onafhanklikheid voor, groen stel die landbou en natuurlike hulpbronne voor en wit eenheid en vrede.
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die verhouding van die horisontale bane is 6:1:6:1:6, die skild neem 3/5 van die hoogte van die vlag in beslag en is presies in die middel van die vlag sodat die swart kante van die skild teen die rant van die rooi baan raak.[1]
Die vlootvaandel se verhouding is 1:2 waar die vlag s’n 5:9 is. Die anker op die vlootvaandel moet dieselfde rooi as die rooi baan van die vlag wees.[2]
Kleure
[wysig | wysig bron]Die kleure van die vlag is deur die Keniaanse Nasionale Argief soos volg bepaal:[3]
Swart | Rooi | Groen | |
---|---|---|---|
Britse Standaardkleure | — | Poskantoorrooi 0-006 |
Paris/Viridian Green 0-10 |
Heksadesimaal | #000000
|
#99292D
|
#31905F
|
RGB | 0-0-0
|
153-41-45
|
49-144-95
|
Pantone | Black C | 484 C | 7730 C |
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Britse periode
[wysig | wysig bron]Tussen 1888 en 1963 was Kenia onder Britse bestuur. In 1888 het die Brits-Oos-Afrika Kompanjie die reg van die Sultanaat Zanzibar verkry om ’n grondgebied ongeveer tweehonderd kilometer van die Keniaanse kus te bestuur. Kragtens die Zanzibarverdrag het die Duitse Keiserryk in 1890 sy regte aan die Britte oorgedra, waarna die Oos-Afrikaanse protektoraat gestig is. Vervolgens het die inlywing van die binneland begin. In 1902 is ’n deel van Uganda aan die Oos-Afrikaanse protektoraat toegevoeg. In 1920 is die Oos-Afrikaanse protektoraat omgevorm tot die kroonkolonie Kenia. Tydens die Britse bewind (vanaf 1895) is ’n blou Britse vaandel gebruik, bestaande uit ’n blou agtergrond met die Britse vlag in die skildhoek en ’n rooi leeu wat op sy agterpote staan op die wapperkant.[4]
Van 1890 tot 1920 was die streek rondom Witu nie formeel deel van Brits-Oos-Afrika nie. Dit het staatsregtelik aan die Sultanaat Zanzibar behoort, maar het na die Zanzibarverdrag ’n Britse protektoraat geword by name die Witu-protektoraat. Hierdie protektoraat was ’n opvolger van Duits-Witu wat in 1885 tot stand gekom het. Tussen 31 Julie 1893 en 1920 het die Witu-protektoraat ’n rooi vlag met die Britse vlag in die middel daarvan gebruik.[5]
Onafhanklikheid
[wysig | wysig bron]Die Keniaanse vlag is gebaseer op die swart-rooi-grein driekleur van die Kenya Africa National Union Party, wat die leidende party om onafhanklikheid van koloniale oorheersing was. By die verkryging van onafhanklikheid is die Masaiskild asook die wit strepe as simbole van vrede toegevoeg.[1]
Ander vlae
[wysig | wysig bron]Historiese presidensvlae
[wysig | wysig bron]-
Eerste presidentsvlag van Kenia, 1963–1970
-
Presidentsvlag van Jomo Kenyatta
-
Presidentsvlag van Daniel Arap Moi
-
Presidentsvlag van Mwai Kibaki
-
Presidentsvlag van Uhuru Kenyatta
-
Presidentsvlag van William Ruto
Verdedigingsmagte
[wysig | wysig bron]-
Vaandel van die Keniaanse Verdedigingsmag
-
Vaandel van die Keniaanse Vloot
-
Presidentsvlag van die Keniaanse Vloot
-
Vlag van die Keniaanse Lugmag
Soortgelyke vlae
[wysig | wysig bron]-
Vlag van Kenia met die wapen op
Historiese vlae
[wysig | wysig bron]-
Imperiale Brits-Oos-Afrikaanse Kompanjie, 1888–1895
-
Brits-Oos-Afrika, 1895–1921
-
Kolonie en Protektoraat Kenia, 1921–1963
-
Vlag van die Dominion Kenia, 1963–1964; Vlag van die Republiek Kenia, sedert 1964
Soortgelyke vlae
[wysig | wysig bron]-
Pan-Afrikaanse vlag
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 (en) "Kenya". Flags of the World. 2017. Besoek op 20 April 2023.
- ↑ (en) "Kenya Navy". Flags of the World. 2019. Besoek op 20 April 2023.
- ↑ (en) "Kenya Flag and Kenya National Anthem – Symbols of Nationhood". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op 14 Mei 2019.
- ↑ (en) "Kenya (British Colony)". Flags of the World. 2019. Besoek op 20 April 2023.
- ↑ (en) "Witu Protectorate (Kenya)". Flags of the World. 2014. Besoek op 20 April 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Kenia. |
- (en) Kenia by Flags of the World
- (en) "Flag of Kenya". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 April 2023.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |