Tigrinya
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tigrinya (volk).
Tigrinya ትግርኛ, tigriññā | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [tɨɡrɨɲa] | |
Gepraat in: | Eritrea Ethiopië | |
Gebied: | Horing van Afrika | |
Totale sprekers: | 7,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Suid-Semities Ethiopies-Semities Tigrinya | |
Skrifstelsel: | Tigrinya-alfabet (Ge'ez-skrif) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Eritrea Ethiopië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ti
| |
ISO 639-2: | tir
| |
ISO 639-3: | tir
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Tigrinya (ትግርኛ, tigriññā, [tɨɡrɨɲa], Semitiese taal wat deur sowat 7,5 miljoen mense in Eritrea en Ethiopië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Arabies en Engels die amptelike tale van Eritrea. Tigrinya word met die Tigrinya-alfabet, 'n variasie van die Ge'ez-skrif, geskryf. Tigrinya is verwant aan Amharies, die amptelike taal van Ethiopië, en word hoofsaaklik in die hoofstadstreek Asmara gepraat.
) is 'nIn Ethiopië word dié taal Tigray genoem en word as ampstaal van die Tigray-streek in Noord-Ethiopië erken. Tigrinya is nou verwant aan Amharies en Tigre, al drie het uit die antieke taal Ge'ez ontwikkel. Tigrinya vorm die vierde mees verspreide taal in Ethiopië na Oromo, Amharies en Somalies en word veral in die Tigray-streek gebesig, een van nege etniese streke. Sedert 2020 dien Tigrinya saam met Afar, Amharies, Engels, Oromo en Somalies as amptelike tale van Ethiopië.[2] In Eritrea word Tigrinya deur sowat 55% van die bevolking gepraat.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tigrinya". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) "One to five: Ethiopia gets four new federal working languages". Africa News. 4 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tigrinya.
- (en) "Tigrinya language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Oktober 2020.