iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: https://af.wikipedia.org/wiki/Roosbottel
Roosbottel - Wikipedia Gaan na inhoud

Roosbottel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Roosbottels van Rosa rugosa.

’n Roosbottel is die vrug van die roosplant. Dit is gewoonlik rooi tot oranje, maar kan ook in sommiges spesies van donkerpers tot swart wissel. Roosbottels begin vorm ná die suksesvolle bestuiwing van blomme in die lente of vroeë somer, en word ryp in die laat somer tot herfs.

Rose word voortgeplant deur die saad (dopvrugte) uit die roosbottels te verwyder en hulle net onder die oppervlak van die grond te saai. Dit kan maande duur voordat hulle ontkiem. Sommige spesies het ’n verkoelingstydperk nodig en kan eers ná twee winters ontkiem.

Gebruik

[wysig | wysig bron]

Van roosbottels word kruietee, konfyt, jellie, stroop, sop, wyn en marmelade gemaak. Hulle kan ook rou geëet word soos ’n bessie. Hulle bevat heelwat vitamien C.

Roosbottelsaadolie word in vel- en grimeerprodukte gebruik.

Sommige roosspesies word vir die sierwaarde van hul bottels gekweek soos die Rosa moyesii, wat groot, rooi, bottelvormige vrugte het.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]