iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: https://af.wikipedia.org/wiki/Ploeg
Ploeg - Wikipedia Gaan na inhoud

Ploeg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Wielploeg getrek deur 'n dubbelspan
'n Ploegvoor

Die ploeg is 'n landbouwerktuig wat in die akkerbou gebruik word om die grond waarin 'n gewas gesaai of geplant word om te keer, te verbrokkel en voor te berei.

Die ploeg is 'n verdere ontwikkeling van die skoffel en die haakploeg, en is oorspronklik deur mense of lasdiere soos osse en perde getrek. Die haakploeg skeur deur die grond en maak slegs 'n oop gleuf. 'n Volgende ontwikkeling was die montering van 'n rysterplaat onder die ploegboom wat verder voorsien word van twee wiele aan die voorkant. So is die rysterplaatploeg gebore. Dié plaat keer die grond om, sodat die ondergrond bo kom en die oppervlak met onkruid, wortels en reste van 'n vorige oes ondergeploeg word.

Die basiese onderdele van 'n ploeg is: 'n skaar, ploegmes, rysterplaat, stelbeuel en stut. Daar is verskillende soorte ploeë: volgens grondsoort; byvoorbeeld sand, leem of klei, of volgens die bouwerk; een- of meerskarig of wentelend.

Ploeë is noodsaaklik om die grond losser te maak, waardeur hulle die bodemstruktuur en afwatering verbeter en die saai en ontkieming van gewasse vergemaklik. Met 'n ploeg word die oorskot van die reeds geoeste gewas met sy wortels sowel as onkruid ondergeploeg, waardeur dit as bemesting dien.

Sien ook.

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]