Leona Woods
Leona Woods | |
Leona Woods Marshall aan die Universiteit van Chicago in 1946
| |
Gebore | La Grange, Illinois, VSA | 9 Augustus 1919
---|---|
Oorlede | 10 November 1986 (op 67) Santa Monica, Kalifornië, VSA |
Burgerskap | VSA |
Alma mater | Universiteit van Chicago |
Bekend vir | Kernfisika Manhattan-projek |
Leona Harriet Woods (9 Augustus 1919 - 10 November 1986), later bekend as Leona Woods Marshall en Leona Woods Marshall Libby, was 'n Amerikaanse fisikus wat gehelp het met die bou van die eerste kernreaktor en die eerste kernwapen.[1]
Op 23-jarige ouderdom was sy die jongste en enigste vroulike lid van die span wat die wêreld se eerste kernreaktor (destyds bekend as 'n stapel), Chicago Pile-1, gebou en geëksperimenteer het in 'n projek onder leiding van haar mentor Enrico Fermi. In die besonder was Woods instrumenteel in die konstruksie en dan gebruik van geigertellers vir analise tydens eksperimentering. Sy was die enigste vrou wat teenwoordig was toe die reaktor kritiek geword het. Sy het saam met Fermi aan die Manhattan-projek gewerk, en saam met haar eerste man, John Marshall, het sy daarna gehelp om die probleem van xenonvergiftiging op die Hanford-plutoniumproduksieterrein op te los, en het toesig gehou oor die konstruksie en werking van Hanford se plutoniumproduksiereaktore.
Na die Tweede Wêreldoorlog word sy 'n genoot by Fermi se Institute for Nuclear Studies aan die Universiteit van Chicago.[2][3] Sy werk later by die Institute for Advanced Study in Princeton, New Jersey, die Brookhaven National Laboratory en die Universiteit van New York, waar sy in 1962 professor word. Haar navorsing het hoë-energie fisika, astrofisika en kosmologie behels. In 1966 skei sy van Marshall en trou met die Nobelpryswenner Willard Libby. Sy word professor aan die Universiteit van Colorado, en 'n personeellid by RAND Korporasie. Later in haar lewe het sy belanggestel in ekologiese en omgewingskwessies, en sy het 'n metode ontwerp om die isotoopverhoudings in boomringe te gebruik om klimaatsverandering te bestudeer.[3][4] Sy was 'n sterk voorstander van bestraling van voedsel as 'n manier om skadelike bakterieë dood te maak.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Sanger & Wollner 1995, p. 163.
- ↑ Ware & Braukman 2004, pp. 385–387.
- ↑ 3,0 3,1 Wayne 2011, pp. 521–622.
- ↑ Libby, Leona Marshall; Pandolfi, Louis J. (Junie 1974). "Temperature Dependence of Isotope Ratios in Tree Rings" (PDF). Proceedings of the National Academy of Sciences. 71 (6): 2482–2486. Bibcode:1974PNAS...71.2482L. doi:10.1073/pnas.71.6.2482. PMC 388483. PMID 16592163. Besoek op 16 April 2013.
- ↑ Black, Edwin F.; Libby, Leona Marshall (June–Julie 1983). "Commercial Food Irradiation". Bulletin of the Atomic Scientists. 39 (6): 48–50. Bibcode:1983BuAtS..39f..48B. doi:10.1080/00963402.1983.11459011. Besoek op 16 April 2013.
{{cite journal}}
: Gaan datum na in:|date=
(hulp)
Bronne
[wysig | wysig bron]- Alvarez, Luis (1987). Alvarez: Adventures of a Physicist. Basic Books. ISBN 0-465-00115-7.
- Fermi, Laura (1954). Atoms in the Family: My Life with Enrico Fermi. Chicago, Illinois: University of Chicago Press. OCLC 537507.
- Libby, Leona Marshall (1979). The Uranium People. New York: Crane, Russak. ISBN 0-8448-1300-1. OCLC 4665032.
- Sanger, S. L.; Wollner, Craig (1995). Working on the Bomb: an Oral History of WWII Hanford. Portland, Oregon: Portland State University. ISBN 0-87678-115-6. OCLC 34034740.
- Wayne, Tiffany K. (2011). American Women of Science since 1900 Vol. 2, I-Z. Santa Barbara, California: ABC-CLIO. ISBN 978-1-59884-158-9. OCLC 775854668.
- Ware, Susan; Braukman, Stacy Lorraine (2004). Notable American Women: a Biographical Dictionary Completing the Twentieth Century. Cambridge, Massachusetts: Belknap Press. ISBN 0-674-01488-X. OCLC 56014756.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Leona Marshall Libby's Interview (Oral History), Voices of the Manhattan Project
- Women in the Manhattan Project
- Spring, Kelly. "Leona Libby". National Women's History Museum. 2017.