Lee-Anne Pace
Lee-Anne Pace | |||||
---|---|---|---|---|---|
Pace by die 2010 Britse Vroue-ope | |||||
Persoonlike inligting | |||||
Volle naam | Lee-Anne Pace | ||||
Gebore | 15 Februarie 1981 Paarl, Suid-Afrika | ||||
Hoogte | 1,68 m (5 ft 6 in) | ||||
Nasionaliteit | Suid-Afrika | ||||
Loopbaan | |||||
Kollege | Murray Staatsuniversiteit, Universiteit van Tulsa | ||||
Professioneel geword | 2005 | ||||
Huidige toernooie | Europese Vrouetoer | ||||
Vorige toernooie | LPGA Tour Futures Tour | ||||
Professionele oorwinnings | 10 | ||||
Aantal oorwinnings volgens toernooi | |||||
LPGA-toernooi | 1 | ||||
Europese Vrouetoernooi | 9 | ||||
Beste uitslae in LPGA-groot-kampioenskappe | |||||
Chevron-kampioenskap | T14: 2016 | ||||
PGA Vroue-kampioenskap | T62: 2015 | ||||
V.S. Vroue-ope | T43: 2014 | ||||
Britse Vroue-ope | T17: 2016 | ||||
Evian-kampioenskap | T6: 2015 | ||||
Prestasies en toekennings | |||||
|
Lee-Anne Pace (gebore op 15 Februarie 1981 in Paarl, Wes-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler.
Sy het 'n suksesvolle amateurloopbaan in die Verenigde State voltooi, waar sy aan die Murray Staatsuniversiteit en die Universiteit van Tulsa gegradueer het met 'n graad in sielkunde.
Pace word professioneel in 2005, en speel op die tweede vlak Duramed Futures Toer in 2006 voor die kwalifiserende ronde vir die LPGA Toer in 2007 by die kwalifiserende skool. Sy verloor haar kaart in Amerika teen die einde van 2007, maar gekwalifiseer nogtans vir die Europese Vrouetoer in 2008 via kwalifiserende skool. Sy maak haar deurbraak in 2010 met vyf oorwinnings by die Deutsche Bank Switserse Vroue-ope, die S4C Wallis Vrouekampioenskap van Europa,[1] die Finnair Meesters, die Sanya Vroue-ope, en die Suzhou Taihu Vroue-ope. Sy eindig die seisoen bo-aan die Orde van Meriete[2]
Pace het die Cell C Suid-Afrikaanse Vroue-ope na 'n uitspeelronde gewen. 'n Week later het sy haar eerste LPGA-toernooi tydens die Blue Bay LPGA in China gewen.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BBC News.
- ↑ "Pace wins Order of Merit". Independent Online (in Engels). 11 Desember 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 3 Februarie 2011.