Kantonees
Kantonees 廣東話 / 广东话 Gwóngdūng Wah / gwong2 dung1 waa6 廣州話 / 广州话 Gwóngjàu Wah / gwong2 zau1 waa6 | ||
---|---|---|
Gepraat in: | China Hongkong Macau Singapoer Maleisië Chinese oorsese Gemeenskappe | |
Gebied: | Guangdong, Guangxi, Pêrelrivierdelta en omliggende gebiede | |
Totale sprekers: | 63 miljoen[1][2] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Chinees Yue Yuehai Kantonees | |
Skrifstelsel: | Chinese karakters | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Hongkong Macau | |
Gereguleer deur: | Amptelike taal-afdeling[3] Staatsdienskantoor Regering van Hongkong | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | zh | |
ISO 639-2: | chi/zho | |
ISO 639-3: | yue/zho | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kantonees (Vereenvoudigde Chinees: 广东话, Tradisionele Chinees: 廣東話, pinyin: Guǎngdōnghuà, letterlik: "Guangdong-taal"), Standaard Kantonees of Yue (Vereenvoudigde Chinees: 广州话, Tradisionele Chinees: 廣州話, pinyin: Yuèyǔ, letterlik: "Yue-taal"),[4] is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, Hongkong, Macau, Singapoer en Maleisië gepraat word. Die taal het sowat 63 miljoen sprekers, veral in die Suid-Chinese provinsie Guangdong en die outonome streek Guangxi, rondom die Pêrelrivierdelta, en is daarmee die derde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns en Wu. Die naam van dié taal is afgelei van die provinsie Guangdong, wat soms Kanton of Yue genoem word.
Kantonees is een van die amptelike tale van die Volksrepubliek China se spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Mandaryn-Chinees) en Macau (saam met Mandaryn-Chinees en Portugees).
Kantonees is tradisioneel die mees gebruikte Chinese dialek binne Chinese oorsese gemeenskappe in Suidoos-Asië (veral in Viëtnam en Maleisië, en in 'n minder mate ook in Singapoer en Kambodja) en die westelike wêreld, vernaamlik Australië, Kanada, Wes-Europa en die Verenigde State.
Soos die ander Chinese tale word Kantonees met Chinese karakters geskryf. Kantonees is veral bekend as moedertaal van Bruce Lee (Chinese vegkunstenaar en akteur van Kantonese afkoms).
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) aboutworldlanguages.com: Cantonese.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Chinese, Yue" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 18 September 2016.
- ↑ "Official Language Division, Civil Service Bureau, Government of Hong Kong" (in Engels). Csb.gov.hk. 19 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 20 Januarie 2012.
- ↑ Ager, Simon. "Cantonese language, pronunciation and special characters". Omniglot (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020. Besoek op 18 September 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kantonees.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Kantonees.