Glenn Ford
Glenn Ford | |
Ford in 1955.
| |
Geboortenaam | Gwyllyn Samuel Newton Ford |
---|---|
Geboorte | Sainte-Christine-d'Auvergne, Quebec, Kanada | 1 Mei 1916
Sterfte | 30 Augustus 2006 (op 90) Beverly Hills, Kalifornië, V.S.A. |
Rolprente | Gilda Interrupted Melody 3:10 to Yuma |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Gwyllyn Samuel Newton "Glenn" Ford (1 Mei 1916 - 30 Augustus 2006) was ’n Kanadese akteur.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Hy was die seun van ’n Kanadese spoorwegamptenaar. Toe hy agt jaar oud was, het sy gesin na Kalifornië verhuis.
Verhoog en rolprente
[wysig | wysig bron]Op 19 het hy sy debuut op die verhoog gemaak. Sy eerste rolprentrol was vir 20th Century Fox, maar daarna het hy ’n kontrak geteken met Columbia, waarvoor hy in 18 jaar in sowat 50 prente gespeel het. Sy eerste groot rol was in Heaven with a Barbed Wire Fence.
Sy mees noemenswaardige rol was in 1946, saam met Rita Hayworth in Gilda. Verskeie flieks met Ford in was hierna egter minder suksesvol. Sy beste rolle was in die flieks van die Oostenrykse regisseur Fritz Lang: The Big Heat en Human Wishes. Nog groot en duur prente, hoewel nie almal kommersiële suksesse nie, was Framed, Experiment in Terror en Four Horsemen of the Apocalypse.
Ford het nooit ’n Oscar gewen nie, en in die 1960's het sy ster stadigaan verdof. In 1978 het hy ’n byspelerrol gehad in Superman as Jonathan Kent, Clark se aangenome pa.
Van sy ander prente sluit in Texas (1941), The Desperadoes (1943), The Man from Colorado (1948), Lust for Gold (1949), The Redhead and the Cowboy (1951), The Man from the Alamo (1953), The Violent Men (1955), Jubal (1956), The Fastest Gun Alive (1956), 3:10 to Yuma (1957), Cowboy (1958), The Sheepman (1958), Cimarrón (1960), A Time for Killing (1967), The Last Challenge (1967), Day of the Evil Gun (1968) en Heaven with a Gun (1969).
Televisie
[wysig | wysig bron]In 1971 was Ford in die televisiereeks Sam Cade. Hy was ook te sien in verskeie prente wat vir TV gemaak is, soos The Brotherhood of the Bell (1970), The Greatest Gift (1974), The Disappearance of Flight 412 (1974), The 3,000 Mile Chase (1977) en The Sacketts (1979). Sy laaste rol was in die drama Final Verdict (1991).
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Glenn Ford in die Internet-rolprentdatabasis
- Amptelike biografie
- Glenn Ford Aanlyn
- Foto's en geskrifte
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Glenn Ford.