Duits-Kameroen
| |||||
| |||||
Duitse kolonies in Afrika met Kameroen in 1913 | |||||
Hoofstad | Douala[1] (1894–1910) Buea (1910–1915) Yaoundé[2] (1915–1916) | ||||
Taal/Tale | Duits (amptelik), Duala, Basaa, Beti | ||||
Godsdiens | Islam, Christendom (Rooms-Katolieke Kerk en Protestantisme), tradisionele Afrika-godsdiens | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- tot 1919 | Wilhelm II | ||||
Goewerneur | |||||
- 1884 | Gustav Nachtigal | ||||
- 1887–1906 | Jesko von Puttkamer | ||||
- 1914–1916 | Karl Ebermaier | ||||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | ||||
- Gevestig | 1884 | ||||
- Ontbind | 1919 | ||||
Geldeenheid | Goldmark |
Duits-Kameroen (Duits: Kamerun) was vanaf 1884 tot 1919 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van die huidige Kameroen en kleiner gebiede in Nigerië, Gaboen, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en die Republiek van Kongo.
Duits-Kameroen het 'n bevolking van omstreeks 4,6 miljoen gehad en was daarmee een van die grootste Duitse kolonies. Die kolonie het aanvanklik 'n oppervlakte van 495 000 km² gehad, ná die anneksasie van Nieu-Kameroen in 1911 het dit 'n oppervlakte van 790 000 km² gehad en dit was daarmee omstreeks 1,3-keer groter as die Duitse Keiserryk.
Deur die Verdrag van Versailles van 1919 het Kameroen amptelik in die besit van die Volkebond gekom wat op sy beurt 'n mandaat oor die bestuur aan die Verenigde Koninkryk en Frankryk gegee het. Daarna is Kameroen in 'n Britse en 'n Franse deel verdeel. Sedert 1961 behoort albei tot die onafhanklike republiek van Kameroen.
Goewerneurs
[wysig | wysig bron]- Julius von Soden (1885–1891)
- Eugen von Zimmerer (1891–1895)
- Jesko von Puttkamer (1895–1907)
- Theodor Seitz (1907–1910)
- Otto Gleim (1910–1912)
- Karl Ebermaier (1912–1916/19)
Vlae en wapens
[wysig | wysig bron]-
Voorgestelde wapen van Duits-Kameroen (nooit gebruik), 1914.
-
Voorgestelde wapen van Duits-Kameroen (nooit gebruik), 1914.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Notas
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met German Cameroon. |
- (de) Die deutsche Kolonie Kamerun – Stiftung Deutsches Historisches Museum