Dagestan
Republiek van Dagestan Республика Дагестан | ||||
Die ligging van Dagestan in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Noord-Kaukasiese | |||
Ekonomiese streek | Noord-Kaukasiese | |||
Stigting | 20 Januarie 1921 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Machatsjkala | |||
Leier | Ramazan Abdoelatipof | |||
Amp | Waarnemend | |||
Wetgewer | Volksraad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 2 910 249 | |||
Volgorde | 12de | |||
Digtheid | 57,86 /km2 | |||
Stedelik | 45,2% | |||
Plattelands | 54,8% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 50 300 km2 | |||
Volgorde | 52ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 05 | |||
Amptelike tale | Russies, ens. | |||
Webtuiste | http://www.e-dag.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Die Republiek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н, Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.
Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in die Arabiese alfabet geskryf as داغستان.
Geografie
[wysig | wysig bron]Dagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol-krai, Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See.
Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt is Berg Bazardjoezi, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.
Demografie
[wysig | wysig bron]Vanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Volgens die 2002-sensus maak Avars, Dargins Tabasaranins en Lezgins 80% van die bevolking uit, Koemiks en Nogai 15% en Russe 4% en Rutuls 1%. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 95% van die bevolking Moslems.
Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Die volgende sektore word onderskei:
- 24% nywerheid
- 35% landbou
- 26% konstruksie
- 9% handel en dienste
- 5% vervoer en telekommunikasie
- 1% ander
Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dagestan.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia