Cordelia (maan)
Die ontdekkingsfoto van Cordelia (onder in die middel) deur Voyager 2. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Richard J. Terrile / Voyager 2 |
Datum | 20 Januarie 1986 |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 49751,722 ± 0,149 km[1] |
Wentelperiode | 0,33503384 ± 0,00000058 d[1] |
Baanhelling | 0,08479 ± 0,031°[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 50 × 36 × 36 km[2] |
Gem. radius | 20,1 ± 3 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~5 500 km² |
Volume | ~38 900 km³ |
Massa | ~4,4×1016 kg |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (aangeneem)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,0073 m/s² |
Ontsnapping- snelheid | ~0,017 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies[2] |
Ashelling | Nul[2] |
Temperatuur | ~64 K |
Cordelia is die heel binneste bekende maan van Uranus. Dit is op 20 Januarie 1986 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1986 U 7 gekry.[5] Die naam "Cordelia" kom van die jongste dogter van Lear in William Shakespeare se Koning Lear. Dit is ook bekend as Uranus VI.[6]
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Cordelia is nie weer opgespoor totdat die Hubble-ruimteteleskoop dit in 1997 waargeneem het nie.[7][8] Baie min is daaroor bekend, buiten sy wentelbaan,[1] radius van 20 km[2] en geometriese albedo van 0,08.[7] Op die Voyager 2-foto's lyk dit langwerpig, met sy hoofas wat na Uranus wys.
Cordelia is die binneste herdersmaan vir Uranus se ε-ring.[9] Sy wentelbaan is binne Uranus se radius vir sinkroniese wentelbane en neem dus langsamerhand af weens gety-invloede.[2] Cordelia is baie na aan ’n 5:3-baanresonansie met die maan Rosalind.[10]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3
Jacobson, R. A. (1998). "The Orbits of the Inner Uranian Satellites From Hubble Space Telescope and Voyager 2 Observations". The Astronomical Journal. 115 (3): 1195–1199. Bibcode:1998AJ....115.1195J. doi:10.1086/300263.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 Karkoschka, Erich (2001). "Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites". Icarus. 151 (1): 69–77. Bibcode:2001Icar..151...69K. doi:10.1006/icar.2001.6597.
- ↑ 3,0 3,1 "Planetary Satellite Physical Parameters". JPL (Solar System Dynamics). 24 Oktober 2008. Besoek op 12 Desember 2008.
- ↑ Williams, Dr. David R. (23 November 2007). "Uranian Satellite Fact Sheet". Nasa (National Space Science Data Center). Besoek op 12 Desember 2008.
- ↑ Smith, B. A. (27 Januarie 1986). "Satellites and Rings of Uranus". IAU Circular. 4168. Besoek op 31 Oktober 2011.
- ↑ "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Besoek op 6 Augustus 2006.
- ↑ 7,0 7,1 Karkoschka, Erich (2001). "Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope". Icarus. 151 (1): 51–68. Bibcode:2001Icar..151...51K. doi:10.1006/icar.2001.6596.
- ↑ Showalter, M. R.; Lissauer, J. J. (3 September 2003). "Satellites of Uranus". IAU Circular. 8194. Besoek op 31 Oktober 2011.
- ↑
Esposito, L. W. (2002). "Planetary rings". Reports on Progress in Physics. 65 (12): 1741–1783. Bibcode:2002RPPh...65.1741E. doi:10.1088/0034-4885/65/12/201.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑
Murray, Carl D.; Thompson, Robert P. (6 Desember 1990). "Orbits of shepherd satellites deduced from the structure of the rings of Uranus". Nature. 348 (6301): 499–502. Bibcode:1990Natur.348..499M. doi:10.1038/348499a0. ISSN 0028-0836.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Cordelia Geargiveer 9 Junie 2007 op Wayback Machine by Nasa se Solar System Exploration
- Uranus' Known Satellites (deur Scott S. Sheppard)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia