iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: https://af.wikipedia.org/wiki/Chloriet_(mineralogie)
Chloriet (mineralogie) - Wikipedia Gaan na inhoud

Chloriet (mineralogie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die struktuur van cookiet, 'n chloriet wat litium bevat (in groen) in die oktaëdriese brusietlae.

Chloriete is 'n groep minerale wat geklassifiseer word as tri-oktaëdriese fillosilikate met 'n laagstruktuur wat lyk op mika s'n. Die algemene samestelling van die groep is (Mg,Fe,Al)6(Al,Si)4(OH)8 waarin isomorfiese vervanging gebruikelik in. Die (Mg,Fe,Al)-ione is in 'n oktaëdriese omringing, die (Al,Si)-ione in 'n tetraëdriese ene. Die verhoudings Fe/(Mg+Fe) en Al3+/Si4+ bepaal die tipe chloriet.

Die struktuur bestaan uit 'n 2:1:1 laagstruktuur waarin mika- en brusietlae afwissel. Die mikalaag het 'n negatiewe lading wat geneutraliseer word deur 'n positiewe lading in die brusietlaag. Die laagvolgorde is gewoonlik

waar die T-O'-T die tetraëdriese-oktaëdriese-tetraëdriese mika-lae voorstel

Die meeste (80%) chloriete het die 11b-politipe struktuur met 'n monokliene sel met parameters van ongeveer: a=5.33, b= 9.23, c.sinβ=14,2 Å en β=97 °. Die b-parameter varieer met die aantal Fe2+-ione in die oktaëdriese laag en die c-parameter met die Al3+/Si4+-verhouding in die tetraëdriese laag.[1]

Ander elemente

[wysig | wysig bron]
'n Monster kämmereriet uit Turkye

Daar is ook minerale wat tot die chloriete gereken word en wat ander elemente bevat. Kämmereriet byvoorbeeld bevat chroom (Cr3+) en vertoon 'n wynrooie kleur. Cookiet bevat litium (Li+). Sy struktuur is triklien [2]

X-straalverstrooiing

[wysig | wysig bron]

X-straalpoeierdiffraksie word gebruik om chloriete te ondersoek en identifiseer. Chloriete vertoon 'n karakteristieke refleksie by 14 Å en sy hoërorde-refleksies. Die diffraksiepatroon verander nie indien die mineraal met etileenglikol of gliserol behandel word nie en bly ook dieselfde by verhitting tot ong. 700 °C.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Dorothy Carroll Clay Minerals: A Guide to Their X-ray Identification, 1970, ISBN 0-8137-2126-1
  2. 2,0 2,1 W.A. Deer, R.A. Howie, J. Zussman Rock Forming Minerals: Layered Silicates Excluding Micas and Clay Minerals, 2009, ISBN 978-1-86239-259-5