Bielefeld
Voorkoms
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Noordryn-Wesfale |
Koördinate | 52°1′N 8°32′O / 52.017°N 8.533°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1214 |
Stadstatus | 1214 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 257,91 vk km |
Hoogte bo seevlak | 118 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 323 395[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 253/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Burgemeester | Pit Clausen (SPD) |
Amptelike webwerf | bielefeld.de |
Bielefeld (Nederduits: Builefeld, Bielefeld, Beilefeld of Builefeild) is 'n selfregerende stad in die administratiewe gewes Detmold van die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Met 'n bevolking van 323 000 is Bielefeld die ekonomiese sentrum en die stad met die grootste inwonertal in die streek Oos-Wesfale-Lippe in die noord-ooste van die deelstaat.
Die geskiedkundige middestad lê noord van die Teutoburg-woud, maar die moderne stad omsluit ook wyke aan die oorkant van die woud en aan die heuwelhange. Bielefeld huisves 'n groot aantal internasionale firmas, onder meer Dr. Oetker, Gildemeister AG en Schüco. Daar is 'n universiteit en verskeie "Fachhochschulen" (universiteite van toegepaste wetenskappe).
Verwysings
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Bielefeld. |
- ↑ "Information und Technik Nordrhein-Westfalen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2011. Besoek op 6 September 2011.