iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: https://af.wikipedia.org/wiki/Anne_Bancroft
Anne Bancroft - Wikipedia Gaan na inhoud

Anne Bancroft

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Anne Bancroft
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bancroft in 1964.

Geboortenaam Anna Maria Louisa Italiano
Geboorte (1931-09-17)17 September 1931
Sterfte 6 Junie 2005 (op 73)
Aktiewe jare 1951–2005

Anne Bancroft (gebore as Anna Maria Louisa Italiano;[1] 17 September 19316 Junie 2005) was ’n Amerikaanse aktrise. Sy is gerespekteer vir haar kragtige en veelsydige werk in rolprente en op die verhoog en televisie. Sy het ’n Oscar, drie Baftas, twee Golden Globes, twee Tonys en twee Emmys gewen, asook ander pryse en benoemings.[2][3]

Loopbaan

[wysig | wysig bron]
Bancroft en Patty Duke in 1960 in die verhoogweergawe van The Miracle Worker.

Nadat sy onder die naam Anne Marno in ’n paar televisiedramas verskyn het, is sy aangesê om haar van te verander vir haar rolprentdebuut in 1952 in Don't Bother to Knock. Ná dié rol en ’n rits byspelerrolle in die 1950's het sy ’n Oscar vir beste aktrise gewen vir haar hoofrol in The Miracle Worker (1962) as Helen Keller se onderwyseres. Sy het die rol ook in die teaterweergawe vertolk en daarvoor ’n Tony gewen.

In 1965 was sy ’n Middeleeuse non wat ’n obsessie met ’n priester gehad het in die toneelstuk The Devils. Sy was waarskynlik die beste bekend vir haar rol as die verleidster mev. Robinson in The Graduate (1967), en het later gesê dit het haar ander werk oorskadu.

In 1977 was sy ’n balletdanser in The Turning Point, in 1985 ’n moederowerste in Agnes of God en in 1987 saam met Anthony Hopkins in 84 Charing Cross Road. Sy het in verskeie prente verskyn wat deur haar tweede man, die komediant Mel Brooks, vervaardig en geregisseer is soos die bekroonde drama The Elephant Man en die komedies To Be or Not to Be en Dracula: Dead and Loving It.

In die 1990's het sy weer byspelerrole in flieks gespeel, maar steeds hoofrolle in televisieprente vertolk. Sy is benoem vir ’n Emmy en Screen Actors Guild Award vir The Roman Spring of Mrs. Stone (2003) en weer vir ’n Emmy vir Haven (2001).

Bancroft is in 2005 op 73-jarige ouderdom aan kanker oorlede.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Anne Bancroft" (in Engels). The Daily Telegraph. 9 Junie 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2020. Besoek op 15 Junie 2015.
  2. Frank Northen Magill (1 Oktober 1987). Magill's Cinema Annual: 1987. Gale. ISBN 978-0-89356-406-3. Besoek op 3 Desember 2011. ...Anne Bancroft, one of the world's most respected and versatile actresses...
  3. A. Willis, John (2005). "Screen World". 55. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]