1906
Voorkoms
1906 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1901 | 1902 | 1903 | 1904 | 1905 | ◄ 1906 ► | 1907 | 1908 | 1909 | 1910 | 1911 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1906 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Senator Wetmore in 'n landaulet van Kriéger Electric omtrent 1906 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1906 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 6de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 15 Maart – Charles Rolls en Henry Royce stig die motorvervaardigermaatskappy Rolls-Royce.
- 18 April – Die Kaliforniese metropool San Francisco word deur 'n aardbewing verwoes.
- 22 April-2 Mei – Die Olimpiese "tussenspele" word in Athene, Griekeland, aangebied.
- 24 Desember – Reginald Fessenden doen die eerste radio-uitsending ooit.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 6 Januarie – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 1982).
- 12 Januarie – Emmanuel Levinas, Franse filosoof († 1995).
- 4 Februarie – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het († 1997).
- 4 Maart – Avery Fisher, Amerikaanse uitvinder, ondernemer, musiekgeesdriftige en filantroop († 1994).
- 19 Maart – Adolf Eichmann, Nazi-Duitse SS-offisier en oorlogsmisdadiger († 1962).
- 28 Maart – Robert Allen, Amerikaanse akteur († 1998).
- 4 April – Bea Benaderet, Amerikaanse aktrise († 1968).
- 9 April – Antal Doráti, Hongaarse dirigent († 1988).
- 13 April – Stella Blakemore, Suid-Afrikaanse skrywer van Afrikaanse jeugboeke († 1991).
- 13 April – Samuel Beckett, Ierse skrywer († 1989).
- 14 April – Koning Faisel van Saudi-Arabië († 1975).
- 28 April – Kurt Gödel, Oostenrykse wiskundige († 1978).
- 21 Mei – Arnold Meiring, NG predikant en Transvaalse moderator († 1984).
- 27 Mei – Dr. Abel Coetzee, Afrikaanse lektor, skrywer, digter en eindredakteur († 1975).
- 2 Junie − Carlo Scarpa, Italiaanse argitek († 1978).
- 11 Junie – NP van Wyk Louw, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en dramaturg († 1970).
- 19 Junie – Earl W. Bascom, Amerikaanse akteur, rodeoruiter en skilder († 1995).
- 19 Junie – Ernst Boris Chain, Duits-Britse biochemikus († 1979).
- 28 Junie – Maria Goeppert-Mayer, Duits-gebore Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner in Fisika († 1972).
- 2 Julie – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 2005).
- 8 Julie – Philip Johnson, Amerikaanse argitek († 2005).
- 16 Julie – Vincent Sherman, Amerikaanse filmregisseur († 2006).
- 18 Augustus – André van Gyseghem, Engelse akteur en teaterdirekteur († 1979).
- 19 Augustus – Philo Farnsworth, Amerikaanse uitvinder en televisiepionier († 1971).
- 28 Augustus – Sir John Betjeman, Engelse digter, skrywer en televisie-aanbieder († 1984).
- 22 September – Ilse Koch, die vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald († 1967).
- 25 September – Dmitri Sjostakovitsj, Russiese komponis († 1975).
- 7 Oktober – Nic Potgieter, Afrikaanse skrywer († 1985).
- 8 Oktober – Gerry Brand, Springbokrugbyspeler († 1996).
- 14 Oktober – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms († 1975).
- 22 Oktober – André Huguenet, verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel († 1961).
- 30 Oktober – Hermann Fegelein, Duitse SS generaal († 1945).
- 9 Desember - Grace Hopper, Amerikaanse wiskundige en rekenaarpionier, († 1992).
- 13 Desember – Laurens van der Post, Afrikaanse skrywer († 1996).
- 24 Desember – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise († 1992).
- 24 Desember – James Hadley Chase, Engelse skrywer († 1985).
- 25 Desember – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het († 1988).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 18 Januarie – William Forbes Gatacre, Britse generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1843).
- 29 Januarie – Christiaan IX, koning van Denemarke (* 1818).
- 9 Februarie – Paul Laurence Dunbar, Amerikaanse skrywer (* 1872).
- 27 Februarie – Samuel Langley, Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier (* 1834).
- 13 Maart – Susan B. Anthony, was 'n Amerikaanse vroueregte-aktivis (* 1820).
- 19 April – Pierre Curie, dokter en ontvanger van die Nobelprys 1903 (* 1859).
- 23 Mei – Henrik Ibsen, 'n Noorse skrywer (* 1828).
- 16 Julie – Alfred Beit, Brits-Suid-Afrikaanse diamante- en goudmagnaat en filantroop (* 1853).
- 2 Augustus – Marie Koopmans-de Wet, kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster (* 1834).
- 5 September – Ludwig Boltzmann, Oostenrykse wis- en natuurkundige (* 1844).
- 22 Oktober – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder (* 1839).