1789
Voorkoms
1789 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1784 | 1785 | 1786 | 1787 | 1788 | ◄ 1789 ► | 1790 | 1791 | 1792 | 1793 | 1794 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1789 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Groote Kerk se kansel | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1789 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 89ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Begin van die Suid-Afrikaanse wolskaapbedryf: 'n Handjievol merinoskape – 'n geskenk aan Nederland van die koning van Spanje – kom in die Kaap aan.
- 30 Maart – Pous Pius VI stel nege nuwe kardinale aan waaronder Joseph Franz Anton von Auersperg, prins-biskop van Passau.
- 30 April – George Washington word die eerste president van die Verenigde State.
- 14 Julie – Die Franse Rewolusie begin met die bestorming van die gevangenis Bastille in Parys.
- 20 Junie – Die Tennisbaan-eed. Die volksverteenwoordigers van Frankryk wat uitgesluit is uit die parlement in Versailles, neem 'n eed om nie te verdaag totdat 'n grondwet aanvaar is nie.
- 3 Augustus – Pous Pius VI stel Ludovico Flangini Giovanelli, ouditeur van die Heilige Roomse Rota, aan as kardinaal.
- 28 Augustus – William Herschel ontdek Enkelados, die sesde grootste maan van die planeet Saturnus.
- 17 September – William Herschel ontdek Mimas, die sewende grootste maan van die planeet Saturnus.
- 21 November – Noord-Carolina word die 12de deelstaat van die Verenigde State.
- November – Die Groote Kerk in Kaapstad kry 'n nuwe kansel, vervaardig deur Anton Anreith.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Onbekend – Saartjie Baartman, Khoikhoi-vrou wat in Europa as die Hottentot-Venus tentoongestel is († 1815).
- 5 Januarie – Thomas Pringle, Suid-Afrika se eerste Engelstalige digter en een van die baanbrekers van persvryheid († 1834).
- 15 September – James Fenimore Cooper, Amerikaanse skrywer († 1851).
- 29 September – Peter Joseph Lenné, Pruisiese landskapargitek († 1866).
- 3 Oktober – Sir Henry Pottinger, 'n Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1856).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 12 Februarie – Ethan Allen, 'n Amerikaner wat gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog as patriot, oorlogsheld en politikus bekendheid verwerf (* 1738).
- 7 April – Abdülhamid I, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1725).