Wipneusnagadder
Voorkoms
Wipneusnagadder | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. defilippii
|
Binomiale naam | |
Causus defilippii (Jan, 1863)
| |
Sinonieme | |
Die Wipneusnagadder (Causus defilippii) is adder wat voorkom in die natter gedeeltes van Limpopo, Mpumalanga, eSwatini en KwaZulu-Natal asook gedeeltes van Zimbabwe. In Engels staan die slang bekend as die Snouted Night Adder.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die slang lyk baie soos die nagadder; dit het ook die donker v-vormige merk op die kop. Dit het 'n wipneus, die snoet is boontoe gevorm. Dit is ook kleiner as die nagadder en word ongeveer 400mm lank.
Die wyfie lê tussen 3 en 9 eiers op 'n slag gedurende die somer. Die kleintjies is ongeveer 100mm lank by geboorte. Die slang vreet paddas en skurwepaddas.
Gif
[wysig | wysig bron]Die gif is sitotoksies en veroorsaak pyn en swelsel maar is nie gevaarlik vir die mens nie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008. ISBN 978 1 77007 732 4
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, Volume 1. Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume).