iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: http://af.wikipedia.org/wiki/Vlag_van_Somalië
Vlag van Somalië - Wikipedia Gaan na inhoud

Vlag van Somalië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Somalië
Vlag van Somalië
Vlag van Somalië
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 12 Oktober 1954
Ontwerp ’n Blou vlag met ’n wit ster in die middel.
Ontwerp deur Mohammed Awale Liban

Die nasionale vlag van Somalië (Somalies: Calanka Soomaaliyaa; Arabies: علم الصومال) is op 12 Oktober 1954 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele blou baan met ’n wit vyfpuntige ster in die middel van die vlag.

Simboliek

[wysig | wysig bron]

Die blou baan herinner ’n mens aan die Verenigde Nasies wat op ’n punt die area geadministreer het. Die vyfpuntige ster stel die vyf areas voor waarvandaan die Somaliërs afkomstig is nl.: noordelike Somalië, suidelike Somalië, noordelike Kenia, suidelike Ethiopië en Djiboeti. Die ster is ook ’n simbool van vryheid en die wit stel hoop, vrede en vooruitgang voor.[1]

Ontwerp

[wysig | wysig bron]

Die vlag van Somalië is gebaseer op die vlag van die Verenigde Nasies, die verskil is dat daar ’n ster in die middel van die vlag is. Die vlag is ook soortgelyk aan die vlag van Viëtnam en die Bonnie Blue-vlag.

Kleure

[wysig | wysig bron]
Vlag is nie toegelaat om land of groepering te verteenwoordig nie Hemelblou-weergawe van die Somaliese vlag

Die kleurskema word hieronder gelys:

Blou Wit
RGB 65/137/221 255/255/255
Heksadesimaal #4189DD #FFFFFF
CMYK 71/38/0/13 0/0/0/0

Konstruksie

[wysig | wysig bron]

Die vlag van Somalië kan met behulp van die volgende konstruksieplan gereproduseer word:

Konstruksietekening
Konstruksietekening

Ander vlae

[wysig | wysig bron]

Verskeie gebiede van Somalië het hul onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar. Somaliland, Jubaland, Suidwes-Somalië, Puntland en die Maakhirstaat gebruik hul eie vlae, terwyl die Noordlandstaat en Galmudug die vlag van Somalië gebruik.

Soortgelyke vlae

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN 1-84013-758-4

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • (en) Somalië by Flags of the World.
  • (en) "Flag of Somalia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.