VfB Germania Halberstadt
Volledige naam | Verein für Breitensport Germania Halberstadt e.V. |
Stigtingsdatum | 1900 |
Tuisveld | Friedensstadion, Halberstadt |
Kapasiteit | 5 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Suid |
VfB Germania Halberstadt is 'n sportklub uit Halberstadt in die deelstaat Sakse-Anhalt in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling.
Die klub is in 1900 gestig en in die jare voor die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Bezirksklasse, destyds die tweede vlak, meegeding. Na die oorlog het die Geallieerdes die klub ontbind en op 26 Oktober 1949 is die klub herstig as Betriebssportgemeinschaft "Reichsbahn" Halberstadt. Hierna het daar in tipies Oos-Duitse styl 'n reeks naamsveranderinge gevolg (kyk hieronder). In 1994 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as FC Germania 1900 Halberstadt, maar op 1 Oktober 1997 het hulle weer saamgesmelt met VfB Halberstadt 1949 en het die klub sy huidige naam aangeneem.
Benewens sokker, het die klub onder meer ook afdelings vir atletiek, gimnastiek, judo, sport vir gestremdes, tafeltennis, vlugbal en trompoppies.
Naamsveranderinge
[wysig | wysig bron]- 1900: FC Germania Halberstadt
- 1949: BSG "Reichsbahn" Halberstadt
- 1950: BSG "Lokomotive" Halberstadt
- 1954: BSG Lokomotive Halberstadt
- 1971: BSG Lokomotive/Vorwärts Halberstadt
- 1976: BSG Lokomotive Halberstadt
- 1990: ESV Halberstadt
- 1994: VfB Halberstadt 1949
- 1994: FC Germania 1900 Halberstadt (sokkerafdeling word onafhanklik)
- 1997: VfB Germania Halberstadt (samesmelting met VfB Halberstadt 1949)
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Noordoos-Suid 2007/08-seisoen | |
VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC | SC Boreas Dresden | FC Eilenburg | |