iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: http://af.wikipedia.org/wiki/Terence_Macleane_Salter
Terence Macleane Salter - Wikipedia Gaan na inhoud

Terence Macleane Salter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Terence Macleane Salter
Gebore (1883-02-05)5 Februarie 1883
Cheltenham, Gloucester, Verenigde Koninkryk
Oorlede 30 Maart 1969 (op 86)
Kaapstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Brits
Vakgebied Plantkundige en plantversamelaar
Instelling(s) Koninklike Britse Vloot
Bolus Herbarium, Kaapstad
Bekend vir Kaapse-plante

Terence Macleane Salter (5 Februarie 1883 - 30 Maart 1969) was 'n Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige. Onder die plant taxa wat na sy eer verwys word, is die genus Saltera en 'n orgidee.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Salter was die tweede kind van Emily Susannah Wilding en James Colam Salter. Hy is in Cheltenham, Gloucestershire, Engeland gebore. Hy het in 1900 by die Koninklike Britse Vloot aangesluit en is in 1901 tot assistentbetalingsmeester bevorder. Hy was aan boord van HMS Majestic in Gibraltar en is in 1916 tot kaptein bevorder.[1][2]

Hy was vanaf 1927 gestasioneer aan Simonstadse vlootbasis, Suid-Afrika, tot sy aftrede in 1931.[2] Tydens sy kommissie in Simonstad het hy hoofsaaklik plante van die Kaapse gebied versamel. Die monsters wat hy gedurende hierdie tydperk versamel het, is aan herbarium-versamelings van die Koninklike Botaniese Tuin, Kew en die Natuurhistoriese Museum, Londen bygevoeg.[3][4]

Na sy emigrasie na Suid-Afrika in 1935, het hy sy versamelingswerk vir die herbariumversamelings van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut en die Bolus Herbarium hervat tot 1957.[3]

Dubbelblom Oxalis compressa

Hy het met Robert Stephen Adamson saamgewerk en hulle het die boek Flora of the Cape Peninsula in 1950 saam gepubliseer. Hy het tot 1960 in die Bolus Herbarium gewerk. Gedurende daardie tyd het hy die reputasie as spesialis op Kaapse plante verdien, veral die genus Oxalis.[3][4]

Hy is op 86-jarige ouderdom in Kaapstad dood.[2][4]

Die standaardskrywerafkorting T.M.Salter word gebruik om hom as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Eponieme

[wysig | wysig bron]

Verskeie plante taxa is in Salter se ere genoem, insluitend die genus Saltera (Penaeaceae), die orgidee Disa salteri, Lachenalia salteri,[5] Lampranthus salteri[6] en Oxalis salteri.[4][7][8]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The London Gazette (Engels) (17 Maart 1916). URL besoek op 7 Junie 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 Owen, Moira. James Owen Penrhos and his descendants (Engels). Further information about the Wildings of Shropshire. URL besoek op 7 Junie 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 "Salter, Terence Macleane (1883-1969)". JSTOR Global Plants (in Engels). doi:10.5555/al.ap.person.bm000007336 (inactive 8 Maar 2019). Besoek op 7 Junie 2019. {{cite journal}}: Check |doi= value (hulp); Gaan datum na in: |doi-broken-date= (hulp)CS1 maint: DOI inactive as of 2019 (link)
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 Ray Desmond, red. (1994). Dictionary Of British And Irish Botanists And Horticulturists - Including plant collectors, flower painters and garden designers (in Engels) (2 uitg.). CRC Press. p. 605. ISBN 978-0850668438. Besoek op 7 Junie 2019.
  5. Pacific Bulb Society | Lachenalia (Engels). PBS Wiki. URL besoek op 7 Junie 2019.
  6. Threatened Species Programme | SANBI Red List of South African Plants (Engels). South African National Biodiversity Institute (2010). URL besoek op 7 Junie 2019.
  7. Anthony Hitchcock & Alice Notten (2013). Saltera sarcocolla (Engels). SANBI PlantZAfrica. URL besoek op 7 Junie 2019.
  8. Umberto Quattrocchi (1999). CRC World Dictionary of Plant Names: Common Names, Scientific Names, Eponyms, Synonyms, and Etymology (in Engels). Vol. 4. CRC Press. ISBN 978-0849326738.