Petlyakov Pe-8
Voorkoms
Petlyakov Pe-8 | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | A.N. Toepolef |
Ontwerp deur | Vladimir Petlyakov |
Nooiensvlug | 27 Desember 1936 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag |
Vervaardig | 1936 - 1944 |
Aantal gebou | 93 |
Die Petlyakov Pe-8 was 'n Russiese viermotorige bomwerper wat voor die Tweede Wêreldoorlog ontwerp is. Dit was Rusland se eerste viermotorige bomwerper en ook die enigste een wat hulle gedurende dié oorlog gebou het. Die prototipe het sy nooiensvlug op 27 Desember 1936 voltooi. Vladimir Petlyakov het die ontwerpspan gelei.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Hier is die besonderhede van die Pe-8:
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 4 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mikulin AM-35A |
Kraglewering per motor | 1350 perdekrag |
Vlerkspan | 39,94 m |
Lengte | 22,47 m |
Hoogte | 6,10 m |
Maks. opstygmassa | 33 325 kg |
Maks. snelheid | 438 km/h op 7 600 m |
Operasionele hoogte | 9750 m |
Togafstand met maks. bomvrag van 2000 kg. | 5 445km |
Bewapening | Een 20 mm ShVAK kanon in dorsale en stert- skiettorings. Een 12.7 mm masjiengeweer agter in elke motor. |
Bomvrag | 4,000 kg |
Bron
[wysig | wysig bron]- Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012 ISBN 978-0-7537-2172-8