iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: http://af.wikipedia.org/wiki/Nieu-Seelandse_nasionale_krieketspan
Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Wikipedia Gaan na inhoud

Nieu-Seelandse nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nieu-Seeland
Kenteken van die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan
BynaamBlack Caps, Kiwis
KonferensieNieu-Seeland Krieket (NZC)
Personeel
ToetskapteinTim Southee
EDI-kapteinTom Latham
T20I-kapteinKane Williamson
AfrigterVlag van Nieu-Seeland Gary Stead
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1930
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1926)
IKR-streekOos-Asië-Oseanië
IKR-ranglys Tans[4] Beste rang tot dusver
Toetsrang5de1ste (6 Januarie 2021)[1]
EDI5de1ste (3 Mei 2021)[2]
T20I6de1ste (4 Mei 2016)[3]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op Lancasterpark, Christchurch; 10–13 Januarie 1930
Laaste toetst Vlag van Australië Australië op Hagley-ovaal, Christchurch; 8–11 Maart 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[5]470115/185 (24,46%)
(0 gelykop, 170 onbeslis)
Vanjaar[6]42/2 (0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
3/3 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslagKampioen (in 2019–2021)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Pakistan Pakistan op Lancasterpark, Christchurch; 11 Februarie 1973
Laaste EDIt Vlag van Bangladesj Bangladesj op McLeanpark, Napier; 23 Desember 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[7]824379/395 (45,99%)
(7 gelykop, 43 onbeslis)
Vanjaar[8]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagNaaswenner (in 2015 en 2019)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2000)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Australië Australië op Edenpark, Auckland; 17 Februarie 2005
Laaste T20It Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee op Brian Lara-krieketakademie, San Fernando; 17 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[9]220111/92 (50,45%)
(10 gelykop, 7 onbeslis)
Vanjaar[10]178/8
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagNaaswenner (in 2021)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan (Engels: New Zealand national cricket team), met die byname Black Caps[11] (“swart pette”) of Kiwis,[12] is die nasionale krieketspan wat Nieu-Seeland in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Nieu-Seeland Krieket (NZC, van Engels: New Zealand Cricket) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Hulle het hul eerste toets in 1930 teen Engeland in Christchurch, Nieu-Seeland, gespeel en daarmee die wêreld se vyfde toetsland geword. Die span kon eers in die 1955/56-seisoen ’n toets wen, teen Wes-Indië op Edenpark in Auckland.[13] Hulle het hul eerste internasionale eendagwedstryd in die 1972/73-seisoen teen Pakistan in Christchurch gewen. Die Nieu-Seelandse krieketspan het bekend geword as die “Black Caps” in Januarie 1998, nadat sy eertydse borg, Clear Communications, ’n kompetisie uitgeskryf het om ’n naam vir die span te kies.[14] Dit is een van talle byname vir Nieu-Seelandse nasionale spanne wat verband hou met die All Blacks. Nieu-Seeland is tans (Junie 2024) vyfde op die IKR-toetsranglys, vyfde op die eendagranglys en sesde op die Twintig20-wêreldranglys.[15][16][17]

Nieu-Seeland het tot dusver twee keer as medegasheer van ’n krieketwêreldbekertoernooi opgetree (in 1992 en 2015), in albei gevalle saam met Australië. Al is Nieu-Seeland telkens een van die gunstelingspanne om beide die krieketwêreldbeker en die T20I-wêreldbeker te verower, het dié eer hulle nog nie te beurt geval nie. Hul beste prestasie tot dusver is die eindstryd, wat die Black Caps twee keer gehaal het (in 2015 en 2019), maar hulle is deur onderskeidelik Australië en Engeland in die eindstryd verslaan. Nieu-Seeland het Suid-Afrika in die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker 2015 verslaan, hul eerste oorwinning in ’n wêreldbekerhalfeindstryd en sodoende vir die eerste keer in ’n wêreldbekereindstryd verskyn, maar uiteindelik teen hul trans-Tasmanse teenstanders Australië verloor.[18] In die volgende krieketwêreldbekertoernooi in 2019 het Nieu-Seeland weer die eindstryd gehaal, maar naelskraap teen Engeland volgens aangetekende grenshoue verloor, nadat beide die wedstryd en die volgende superboulbeurt gelykop geëindig het.[19][20][21][22] Twee voormalige Nieu-Seelandse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.[23]

Nieu-Seeland het tydens die Kampioenetrofee 2000 (destyds die Uitkloptrofee genoem) sy eerste internasionale titel ingepalm. In 2021 het die Blacks Caps in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap Indië met agt paaltjies verslaan en sodoende hul tweede IKR-titel gewen. Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 het Nieu-Seeland vir die eerste keer die eindstryd gehaal, maar hulle is deur Australië met agt paaltjies verslaan.

Beheerliggaam

[wysig | wysig bron]

Die beheerliggaam van krieket in Nieu-Seeland, Nieu-Seeland Krieket (NZC, New Zealand Cricket), is op 27 Desember 1894 as die Nieu-Seeland Krieketraad gestig (NZCC, New Zealand Cricket Council) en is die toesighouer van die Nieu-Seelandse nasionale krieketspanne.[24] Sedert 31 Mei 1926 is Nieu-Seeland ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en mag dus toetskrieket speel.[25]

Nieu-Seeland Krieket bestuur al die Nieu-Seeland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Nieu-Seeland Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Nieu-Seelandse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Nieu-Seeland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[26] Nieu-Seeland A is die tweede nasionale span van Nieu-Seeland en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Invoering en vestiging van krieket

[wysig | wysig bron]

Soos in ander dele van die wêreld het Britse kolonisasie die spel krieket na Nieu-Seeland gebring, waar dit vinnig gewildheid verwerf het. Die krieketgeskiedenis in Nieu-Seeland begin in 1832 met die eerste bekende reëling van ’n wedstryd deur die predikant Henry Williams in Northland.[27] In 1835 besoek Charles Darwin met sy HMS Beagle tydens sy beroemde omseiling van die aarde die Bay of Islands en Darwin sien, hoe bevryde Māori-slawe en die seun van ’n sendeling in Waimate North krieket speel. Darwin skryf in The Voyage of the Beagle soos volg:[28]

Verskeie jong mans wat deur die sendelinge uit slawerny verlos is, is op die plaas in diens geneem. In die aand het ek ’n partytjie van hulle sien krieket speel.

Die eerste bekende krieketwedstryd in Nieu-Seeland het in Desember 1842 in Wellington plaasgevind.[27] Die koerant Wellington Spectator berig oor ’n wedstryd op 28 Desember 1842 tussen ’n “rooi”- en ’n “blou”-span van die Wellington-klub. Die koerant Examiner in Nelson lewer die eerste bekende, volledige berig oor ’n wedstryd tussen die Surveyors en Nelson in Maart 1844.

Op 16 Maart 1860 is die eerste interprovinsiale wedstryd in Wellington gehou, toe Wellington ’n eendagwedstryd teen die span uit Auckland met vier paaltjies gewen het.[29][30][31] ’n Kort rukkie later is verdere wedstryde aangebied, wat almal een dag geduur en nie eersterangse status geniet het nie. Die eerste eersterangse wedstryd in Nieu-Seeland het op 27–29 Januarie 1864 tussen Otago en Canterbury op die Suid-Dunedin Ontspanningsveld plaasgevind. Dit het drie dae geduur en die boulbeurte het tydens die eerste beurt uit ses aflewerings elk en tydens die tweede beurt uit vier aflewerings elk bestaan. Canterbury het die loot gewen en gekies om eerste te kolf, maar Otago het dié wedstryd met 76 lopies gewen.[32] Hoewel dit die eerste eersterangse wedstryd in Nieu-Seeland was, het vyf van Otago se spelers reeds oor eersterangse ondervinding beskik, wat hulle by die interkoloniale krieket in die Australiese deelstaat Victoria verkry het. Nogtans was dit die 32-jaarige nuweling James Fulton wat die eerste 25 lopies aangeteken het. John Mace, ’n voormalige speler uit Victoria, en MacDonald, gebore in Victoria, het Canterbury aan die einde van die eerste dag op 34 lopies uitgeboul. Op die tweede dag het Otago se span vir 65.1 kolfbeurte gekolf en 74 lopies aangeteken, voordat Mace en MacDonald vier paaltjies elk geneem en Otago laat wen het.[33] Otago en Canterbury het vanaf 1864 jaarliks teen mekaar gespeel en hierdie wedstryd is van die 1911/12-seisoen af tydens die Plunket Shield beslis.

Die eerste wedstryd tussen Canterbury en Engeland op Hagleypark, Christchurch, in Februarie 1864

In 1863/64 het George Parr se “All England”-span, nadat hulle in Melbourne gespeel het, die eerste geword wat na Nieu-Seeland getoer en die Suideiland vir vyf wedstryde besoek het. Dié Engelse span het 22 wedstryde teen sterk spanne uit Otago en Canterbury gewen.[27] Tydens hul 1876/77-toer na Australië het James Lillywhite se span tussen Januarie vroeg Maart 1877 Nieu-Seeland vir agt nieeersterangse wedstryde besoek. Hulle het ses gewen en in twee onbeslis gespeel. Hul daaropvolgende wedstryd ná hul terugkeer na Australië was die eerste toetswedstryd in die krieketgeskiedenis.[34] Tussen 1864 en 1914 het altesaam 22 buitelandse spanne na Nieu-Seeland getoer. Ses spanne was uit Engeland, 15 uit Australië en een uit Fidji.

Die eerste nasionale span

[wysig | wysig bron]
’n Krieketwedstryd tussen die plaaslike Otagospan en die besoekende Australië op Carisbrook in 1910
Sedert 1906 ding die Nieu-Seelandse eersterangse spanne om die Plunket Shield mee

Op 15–17 Februarie 1894 het die eerste Nieu-Seelandse verteenwoordigende span teen Nieu-Suid-Wallis op Lancasterpark in Christchurch gespeel. Nieu-Suid-Wallis het dié wedstryd met 160 lopies gewen.[35] Die Nieu-Seelandse Krieketraad (nou Nieu-Seeland Krieket, New Zealand Cricket, NZC), is op 27 Desember 1894 gestig.[24] Nieu-Suid-Wallis het in 1895/96 teruggekom en die gasheer het die eensame wedstryd met 142 lopies gewen, Nieu-Seeland se eerste oorwinning.[35]

Nieu-Seeland het sy eerste twee internasionale wedstryde (maar nie toetse nie) in 1904/05 teen ’n sterbesaaide Australiese span met spelers soos Victor Trumper, Warwick Armstrong en Clem Hill gespeel. Reën het Nieu-Seeland van ’n afranseling in die eerste wedstryd beskerm, maar nie in die tweede nie, wat Nieu-Seeland met ’n beurt en 358 lopies verloor het – tot op hede die tweede hoogste nederlaag in Nieu-Seeland se eersterangse geskiedenis.[36][37] Oor die daaropvolgende 50 jaar sou die wedersydse ontmoeting met Australië slegs op keurspanne uit die deelstate en die Australia XI beperk wees, omdat die Australiërs hul bure nie as sterk genoeg vir toetskrieket geag het nie.[35]

In 1906 is die Plunket Shield deur Lord Plunket geskenk.[27] Dit was Nieu-Seeland se eerste amptelike trofee in krieket en voorheen was dit veral die spanne uit Canterbury, Otago, Auckland, Wellington, Hawke’s Bay, Nelson (tot in 1891) en Taranaki (tot in 1898), wat gereeld wedstryde teen mekaar gereël het. Tot in 1920/21 is die Plunket Shield as ’n uitdagingstoernooi gespeel en sedertdien as ’n nasionale kampioenskap. Aan die begin is die Plunket Shield óf deur Canterbury óf deur Auckland gewen.

Tussenoorlogse tydperk

[wysig | wysig bron]
Roger Blunt, Tom Lowry, Curly Page en Stewie Dempster tydens die eerste Nieu-Seelandse 1931-toer na Engeland
Walter Hadlee en Jack Kerr tydens die Nieu-Seelandse 1937-toer na Engeland

Die Marylebone-krieketklub (MKK) was gretig om krieket in die hele Britse Ryk te bevorder en op 31 Mei 1926 het die Nieu-Seelandse beheerliggaam saam met sy Indiese en Wes-Indiese eweknieë volle lede geword van die Imperiale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) wat voorheen slegs uit die Marylebone-krieketklub (MKK) en verteenwoordigers uit Australië en Suid-Afrika bestaan het.[38] Ná sy toetrede tot die IKK kon Nieu-Seeland nou amptelike toetswedstryde speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys. In 1927 het Nieu-Seeland vir die eerste keer na Engeland getoer, maar hulle het nog nie toetswedstryde gespeel, omdat Nieu-Seeland nie as sterk genoeg geag is nie.[39] Hulle het 26 eersterangse wedstryde gespeel, meestal teen county-spanne. Nieu-Seeland het sewe wedstryde gewen, insluitende dié teen Worcestershire, Glamorgan, Somerset en Derbyshire.[39][40] Ná hierdie suksesvolle toer is Nieu-Seeland as sterk genoeg vir amptelike toetskrieket beskou.[27]

In 1929/30 het die MKK, wat die opsig oor al die amptelike Engelse oorsese toere gehad het, onder hul kaptein Harold Gilligan as Engelse verteenwoordiger na Nieu-Seeland getoer en vier toetse gespeel, almal het drie dae geduur. Gelyktydig het Freddie Calthorpe ’n ander Engelse span na Wes-Indië aangevoer, waarvolgens die Engelse span in Nieu-Seeland nie ’n volstoomspan was nie.[41] Nieu-Seeland het sy eerste toetswedstryd op Lancasterpark, Christchurch, met agt paaltjies verloor, maar hulle het in die volgende drie onbeslis gespeel.[42] In die tweede toets het Stewie Dempster en John Mills 276 lopies om die eerste paaltjie aangeteken. Dit is steeds die hoogste vennootskap vir Nieu-Seeland teen Engeland.[43] ’n Aansoek deur die Nieu-Seelandse Krieketraad vir ’n Australiese besoek van twee toetswedstryde vroeg in 1931 is deur die Australiese beheerliggaam van die hand gewys omrede die spelers van ’n uitputtende jaar met twee toetsreekse van vyf toetswedstryde elk moes herstel.[44] In 1931 het Nieu-Seeland sy eerste toetstoer na Engeland onderneem en drie toetwedstryde gespeel, dit was Nieu-Seeland se eerste amptelike toer in toetskrieket. Hulle het die toetsreeks egter met 0–1 verloor, nadat hulle in twee toetswedstryde onbeslis gespeel en Engeland die tweede toets met ’n beurt en 26 lopies gewen het.[45]

In 1931/32 het Nieu-Seeland vir die eerste keer in ’n twee-toetsreeks teen Suid-Afrika gespeel, maar hulle het die toetsreeks met 0–2 verloor, nadat Nieu-Seeland in die eerste toets met ’n beurt en twaalf lopies en in die tweede toets met agt paaltjies verslaan is.[46] Ná Engeland se berugte lyfkrieket-reeks in Australië, waar Engeland se aggressiewe boulwerk op die lyf met ’n veld aan die bykant baie kritiek ontlok en wat hulle met ’n reeksoorwinning beklink het,[47] het hulle onder hul kaptein Douglas Jardine verder na Nieu-Seeland getoer. Hierdie toetsreeks het egter heelwat minder opskudding veroorsaak en ná twee onbesliste toetse met 0–0 geëindig.[48] ’n Toer na Nieu-Seeland deur die beste Australiese spelers wat nie vir die 1934-toer na Engeland gekeur is nie, is vir die tydperk tussen Februarie en April 1934 gereël, maar dit is afgelas weens ’n misverstand tussen die beheerliggame oor finansiering en die ontrekking van ’n aantal spelers net voor die toer se begin.[49][50]

In 1937 het Nieu-Seeland se tweede besoek in Engeland gevolg, wat op ’n soortgelyke manier as die eerste verloop het, nadat hulle in twee onbesliste toetse gespeel en die tweede toets met 130 lopies verloor het.[51] Dit sou egter tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, wat die internasionale krieketbedryf vir sewe jare gekniehalter het, Nieu-Seeland se laaste toetsreeks wees en gedurende die vooroorlogse tydperk was Nieu-Seeland nie in staat om ’n wedstryd teen ’n ander span as Engeland te wen nie. ’n Toetstoer deur Australië, beplan vir Februarie en Maart 1940, waartydens drie toetswedstryde gespeel sou word, is ná die uitbreek van die oorlog afgelas. Vervolgens het die hoop, dat Donald Bradman ’n sterk Australiese span na Nieu-Seeland sou lei, nie vervul nie.[52][53][54]

Naoorlogse tydperk

[wysig | wysig bron]
Die twee Nieu-Seelandse krieketspelers Martin Donnelly en Merv Wallace in 1956
John R. Reid, ca. 1960

In 1945/46 het Nieu-Seeland sy eerste naoorlogse toets op Basin Reserve, Wellington, en sy eerste ooit teen Australië gespeel.[35] Dié wedstryd is destyds nie as ’n toets beskou nie, maar is in Maart 1948 deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK, die huidige Internasionale Krieketraad) terugwerkend as ’n toetswedstryd erken. Die Nieu-Seelandse spelers wat in hierdie wedstryd gespeel het, het die besluit deur die IKR nie verwelkom nie, omdat Nieu-Seeland sy beurte onderskeidelik met 42 en 54 lopies verloor het. Weens die Nieu-Seelandse Krieketraad se onwilligheid om Australiese spelers behoorlike toelae vir toere na Nieu-Seeland te betaal was dit die enigste toets tussen Australië en Nieu-Seeland in die tydperk vanaf 1929 tot 1972.[35][55] Ná sy Australiese 1946/47-toer het Engeland Nieu-Seeland vir ’n bykomende toetswedstryd besoek, wat onbeslis geëindig het. Dit was die eerste toets waartydens ’n reserwedag weens reën ingespan moes word.[56]

In 1949 het Nieu-Seeland waarskynlik een van sy beste spanne nog na Engeland gestuur. Toetse van drie dae het egter daartoe gelei dat al vier toetse onbeslis geëindig het. Die 1949-toer na Engeland word as een van Nieu-Seeland se beste toerprestasies nog beskou. In al die vier toetse is hoë tellings aangeteken, ondanks die feit dat hulle onbeslis geëindig het en Martin Donnelly se 206 lopies op Lord’s word as een van die beste boulbeurte nog op dié krieketveld beskou en dit is die eerste Nieu-Seelandse tweehonderdtal teen Engeland.[39][57] Die feit dat al die vier toetse onbeslis geëindig het, het ook beteken dat Nieu-Seeland tydens die toer nie ’n toets verloor het nie. Voorheen het net die legendariese Australiese span onder hul ster Donald Bradman tydens die 1948-As-reeks daarin geslaag.[58] In 1950/51 het Engeland Nieu-Seeland vir twee toetswedstryde besoek (nadat hulle in Australië met 4–1 verslaan is), waarvan die eerste onbeslis geëindig en die besoekers die tweede met ses paaltjies gewen het.[59]

In 1951/52 het Nieu-Seeland sy eerste toetswedstryde teen Wes-Indië gespeel, maar hulle is in die eerste met vyf paaltjies verslaan, terwyl die tweede onbeslis geëindig het.[60] In 1952/53 het Suid-Afrika, nadat hul Australiese toer met 2–2 onbeslis geëindig het, Nieu-Seeland vir die eerste keer in 20 jaar weer besoek en die toetsreeks ná een onbesliste toets met 1–0 gewen.[61] Hul teenbesoek in Suid-Afrika 1953/54 (hul eerste in Suid-Afrika) het ná vyf toetswedstryde met 0–4 geëindig.[62]

In 1954/55 het Nieu-Seeland die laagste beurttelling nog aangeteken, 26 teen Engeland en ook die toetsreeks met 0–2 verloor.[27][63][64] In 1955/56 het Nieu-Seeland vir die eerste keer in Pakistan en in Indië gespeel, maar hulle het geen oorwinning aangeteken nie.[65] Gedurende dieselfde seisoen het Nieu-Seeland sy eerste toetsoorwinning in sy 45ste toetswedstryd, al was dit tuis, oor Wes-Indië met 190 lopies behaal.[27][66] Die toetsreeks was egter reeds verlore, nadat Wes-Indië die eerste drie toetswedstryde maklik gewen het.[67][68][69] Dit het 45 wedstryde en 26 jaar geneem voordat hulle dié mylpaal bereik het. Nieu-Seeland se 1958-toer na Engeland het met 0–4 geëindig.[70] Die Engelse teenbesoek in 1958/59 het vir Nieu-Seeland nie beter verloop nie, nadat hulle met 1–0 verslaan is.[71]

Gedurende die volgende 20 jaar het Nieu-Seeland slegs sewe verdere toetse gewen. Vir die grootste deel van hierdie tydperk het Nieu-Seeland nie ’n eersterangse bouler gehad wat hul aanvalle kon lei nie, hoewel hulle met Bert Sutcliffe en Glenn Turner oor twee uitstekende kolwers en met John R. Reid oor ’n goeie veelsydige speler beskik het. Tot in 1970 sou Nieu-Seeland slegs sewe oorwinnings in 95 wedstryde aanteken.[72] Reid het Nieu-Seeland tydens ’n toer na Suid-Afrika in 1961/62 aangevoer, waar die vyf-toetsreeks met 2–2 onbeslis geëindig het. Die oorwinnings in die derde en vyfde toets was die eerste oorsese oorwinnings waarin Nieu-Seeland geslaag het.[73] Reid het tydens dié toer 1 915 lopies aangeteken, en sodoende ’n nuwe rekord vir die meeste lopies deur ’n besoekende kolwer in Suid-Afrika aangeteken.[74][75] In 1962/63 het hulle weer al die drie toetswedstryde tuis teen Engeland verloor.[76]

Van die middel-1960’s af het Nieu-Seeland daarin geslaag, om die gevestigde toetslande in te haal en in drie opeenvolgende toetsreekse van drie toetse elk tuis onbeslis te speel: in 1963/64 teen Suid-Afrika,[77] in 1964/65 teen Pakistan[78] en in 1965/66 teen Engeland.[79] Gedurende dieselfde tydperk het Nieu-Seeland in Indië ook in drie onbesliste toetswedstryde gespeel, maar hulle het dié toetsreeks ná ’n nederlaag in die vierde toetswedstryd verloor.[80] Tydens die Indiese teenbesoek in 1967/68 het Nieu-Seeland gesukkel en die toetsreeks met 1–3 verloor. Indië het tydens die toer sy eerste oorsese oorwinning nog aangeteken.[81] In 1969/70 het Nieu-Seeland eindelik sy eerste toetsreeks tydens sy toer van drie wedstryde na Pakistan met 1–0 gewen.[82] Ná amper 40 jaar en 30 agtereenvolgende toetsreekse sonder ’n oorwinning was dit die eerste toetsreeks wat Nieu-Seeland gewen het.[83]

Die opkoms van EDI-krieket

[wysig | wysig bron]
Indrukke van die toets tussen Engeland en Nieu-Seeland op 10–15 Februarie 1978. Ná 48 probeerslae het Nieu-Seeland daarin geslaag om hul eerste toetsoorwinning oor Engeland aan te teken
Telbord – Basin Reserve in Februarie 1978. Nieu-Seeland se eerste oorwinning oor Engeland
Toetswedstryd tussen Indië en Nieu-Seeland op Basin Reserve in Wellington, 1981
Lance Cairns stap van die veld nadat sy paaltjie tydens die wedstryd teen Australië op Carisbrook gekantel het, 1982

Op 11 Februarie 1973 het Nieu-Seeland sy eerste EDI-wedstryd gespeel en Pakistan op Lancasterpark met 22 lopies verslaan.[27] Hulle het die toer se toetsreeks egter met 0–1 verloor, waardeur Pakistan met dieselfde uitslag wraak kon neem en ook sy eerste oorsese toetsreeks gewen het.[84] Die EDI-krieket het tot meer wedstryde teen Australië gelei en albei spanne ding mee om die Chappell-Hadlee-trofee wat na twee bekende krieketgesinne genoem is: die Australiese Chappells en die Nieu-Seelandse Hadlees. In Maart 1973 het Nieu-Seeland sy eerste toetsoorwinning oor Australië aangeteken, nadat hulle die tweede toets op Lancasterpark met vyf paaltjies gewen het.[35] Die toetsreeks het met 1–1 gelykop geëindig, nadat die eerste toetswedstryd onbeslis geëindig en Australië die derde toets met 297 lopies gewen het.[85]

In dieselfde jaar het Richard Hadlee debuteer en die tempo waarteen Nieu-Seeland toetse gewen het, het dramaties toegeneem. Hadlee was een van die beste snelboulers van sy generasie, en hy het in 86 toetse vir Nieu-Seeland verskyn, voordat hy in 1990 afgetree het. Van hierdie 86 toetse wat Hadlee vir Nieu-Seeland gespeel het, het hulle 22 gewen en 28 verloor. In 1977/78 het Nieu-Seeland sy eerste toets teen Engeland gewen, in die 48ste probeerslag, op Basin Reserve, Wellington, met 72 lopies.[39] Hadlee het tien paaltjies tydens dié wedstryd geneem.[86] Die toetsreeks het ná ’n Engelse oorwinning en ’n onbesliste toets met 1–1 gelykop geëindig.[87] In 1983 het Nieu-Seeland sy eerste wegoorwinning oor Engeland behaal, toe hulle op Headingley, Leeds, met vyf paaltjies geseëvier het. Hulle het die toetsreeks nogtans met 1–3 verloor.[39][88] In 1984 het Nieu-Seeland eindelik sy eerste toetsreeks tuis teen Engeland gewen, nadat hulle die tweede toets in Christchurch met ’n beurt en 132 lopies gewen en die ander twee toetswedstryde onbeslis geëindig het.[39][89] In 1986 het Nieu-Seeland sy eerste toetsreeks in Engeland gewen, nadat hulle die toets op Trent Bridge, Nottingham, met agt paaltjies gewen en die ander twee toetswedstryde onbeslis geëindig het.[39][90]

Een van Nieu-Seeland se waarskynlik destyds bekendste EDI-wedstryde is die “onderarm”-wedstryd teen Australië op die Melbourne-krieketveld in 1981. Nieu-Seeland het ses lopies met die laaste aflewering benodig om die wedstryd gelykop te laat eindig, maar die Australiese kaptein Greg Chappell het vir sy broer Trevor opdrag gegee om die bal met sy onderarm langs die paaltjie te “boul” om te verhoed dat die Nieu-Seelandse kolwer Brian McKechnie ’n grenshou kon aanteken. Die betrokke Australiese skeidsregters het die skuif as wettig beskou, aangesien dit aan die destydse krieketwette voldoen het. Die nasleep van hierdie voorval het die politieke verhoudinge tussen Australië en Nieu-Seeland laat versuur, verskeie leidende politieke en krieketpersoonlikhede het die voorval as “onsportief” en “teen die gees van krieket” beskryf.[91] Toe Nieu-Seeland tydens die Driereeks in 1983 weer teen Australië gespeel het, is Lance Cairns vir sy EDI-kolfwerk geloof. In een wedstryd teen Australië op die Melbourne-krieketveld, een van die wêreld se grootste krieketvelde, het hy ses grenshoue aangeteken. Min aanhangers onthou dat Nieu-Seeland hierdie wedstryd met 149 lopies verloor het. Van Lance se grootste bydrae tot Nieu-Seelandse krieket is egter sy seun Chris Cairns.[35][92]

Gedurende die 1980’s het Nieu-Seeland ook oor sy beste kolwer nog, Martin Crowe, en ’n aantal goeie spelers beskik, wat almal in staat was om die een of ander wedstryd te wen en waardevolle bydrae in ’n toetswedstryd te lewer. Die beste voorbeeld van Nieu-Seeland se twee sterspelers (R. Hadlee en M. Crowe) wat ’n verskil in wedstryde gemaak en ander spelers wat goeie bydraes gelewer het, is Nieu-Seeland teen Australië in 1985 in Brisbane. In Australië se eerste beurt het Hadlee nege paaltjies vir 52 lopies geneem. In Nieu-Seeland se enigste draai by die kolf het M. Crowe 188 lopies en John F. Reid 108 lopies aangeteken. Edgar, Wright, Coney, Jeff Crowe, V. Brown en Hadlee het tussen 17 en 54* lopies aangeteken. In Australië se tweede beurt het Hadlee ses paaltjies vir 71 lopies en Chatfield drie paaltjies vir 75 lopies geneem. Nieu-Seeland het eindelik met ’n beurt en 41 lopies gewen.[93] Dit was Nieu-Seeland se eerste toetsoorwinning in Australië.[35] Nadat Australië die tweede toets in Sydney gewen het, het Nieu-Seeland die derde in Perth gewen en sodoende die toetsreeks met 2–1 beklink. Dit was Nieu-Seeland se eerste toetsreeksoorwinning in Australië.[35][94] Die daaropvolgende tuisreeks in 1985/86 teen Australië het Nieu-Seeland ná twee onbesliste toetswedstryde en ’n oorwinning in die derde toets met 1–0 gewen en sodoende sy eerste tuisreeksoorwinning oor Australië behaal.[35][95]

In vergelyking met toetskrieket het eendagkrieket aan Nieu-Seeland ook meer kans gegee om meer gereeld teen die beter spanne van die krieketwêreld mee te ding. In eendagkrieket hoef die kolwer nie honderdtalle aan te teken nie en die bouler hoef nie die teenstander uit te boul om wedstryde te wen nie. Eendagwedstryde kan gewen word deur een kolwer wat ’n vyftigtal en ’n paar ander wat 30’s aanteken, die boulers boul ekonomies en almal doen ’n goeie veldwerk. Dit is die vereistes waaraan Nieu-Seelandse spelers gereeld voldoen en sodoende ’n goeie EDI-rekord teen al die ander spanne ontwikkel het. Op die manier het Nieu-Seeland tydens die eerste twee krieketwêreldbekertoernooie (in 1975 en 1979) in Engeland tot die halfeindrondte gevorder. Tydens die volgende twee toernooie (in 1983 en 1987) was Nieu-Seeland egter minder suksesvol en hulle is reeds in die groepfase uitgeskakel.[96]

Chris Cairns het sy debuut een jaar voor Hadlee se aftrede in 1990 gemaak. Cairns, een van Nieu-Seeland se beste veelsydige spelers, het in die 1990’s die boulaanval met Danny Morrison aangevoer. Stephen Fleming, Nieu-Seeland se mees produktiewe lopiemaker, het beide die kolfwerk en die span na die 21ste eeu geneem. Nathan Astle en Craig McMillan het ook heelwat lopies vir Nieu-Seeland aangeteken, maar albei het vroeër afgetree as verwag is. Tydens die Krieketwêreldbeker 1992 het die medegasheer Nieu-Seeland weer beter gevaar en tot die halfeindrondte gevorder, waar hulle deur die latere kampioen Pakistan onder hul kaptein Imran Khan uitgeskakel is; Nieu-Seeland het egter teen al die ander deelnemende spanne gewen.[97] Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka is Nieu-Seeland effens vroeër – in die kwarteindstryd – deur Australië uitgeskakel[98] en tydens die Krieketwêreldbeker 1999 in Engeland was in die halfeindstryd weer Pakistan die laaste teenstander.[96][99]

Op 4 April 1996 het Nieu-Seeland ’n unieke wêreldrekord behaal, nadat die hele span vir hul spanprestasie as speler van die wedstryd aangewys is, nadat hulle Wes-Indië met vier lopies verslaan het. Dit is die eerste keer wat ’n hele span hierdie toekenning ontvang het.[100][101][102]

Daniel Vettori het in 1997 sy debuut op 18 jaar gemaak, en toe hy in 2007 by Fleming as kaptein oorgeneem het, is hy reeds as die beste veelsydige draaibouler in die krieketwêreld beskou. Op 26 Augustus 2009 het Daniel Vettori die agtste speler, en tweede linkerhandse bouler (na Chaminda Vaas) geword om 300 paaltjies te neem en 3 000 toetslopies aan te teken, en sodoende dié roemryke klub betree. Vettori het in 2011 besluit om ’n onbeperkte ruskans van krieket se internasionale kortvorme te neem, maar voortgegaan om Nieu-Seeland in toetskrieket te verteenwoordig en vir die Krieketwêreldbeker 2015 na EDI-krieket teruggekeer.[103]

Sedert die millenniumwending

[wysig | wysig bron]
Engeland teen Nieu-Seeland op Lord’s in Mei 2004
Eindstryd van die Krieketwêreldbeker 2015 tussen Australië en Nieu-Seeland op Melbourne-krieketveld
Die Nieu-Seelandse kaptein Kane Williamson tydens die wedstryd teen Afghanistan gedurende die Krieketwêreldbeker 2019

Nieu-Seeland het die nuwe millennium met hul oorwinning tydens die Kampioenetrofee 2000 in Kenia begin en sodoende sy eerste IKR-toernooi gewen. Hulle het met ’n oorwinning van 64 lopies oor Zimbabwe begin, en toe Pakistan met vier paaltjies in die halfeindstryd verslaan. In die eindstryd teen Indië het Chris Cairns ’n onoorwonne 102 lopies in Nieu-Seeland se lopiejaag aangeteken en Nieu-Seeland sodoende die toernooi laat wen.[104] Shane Bond het tussen 2001 en 2007 in 17 toetse vir Nieu-Seeland gespeel, maar hy kon ná ’n besering nie verder speel nie. Wanneer hy fiks was, het hy aan die Nieu-Seelandse boulaanval ’n dimensie besorg wat sedert Hadlee se aftrede nie meer gesien is nie.[105]

Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe het Nieu-Seeland slegs die Super 6 behaal, wat hoofsaaklik te wyte was aan die puntestelsel. Nadat Nieu-Seeland in die groepfase die wedstryd teen Kenia in Nairobi weens veiligheidskwessies verbeur het,[106] het die punte uit hierdie wedstryd in die volgende rondte ontbreek, omdat dit na die volgende rondte oorgedra is, en Nieu-Seeland is uit die toernooi geskakel.[96][107]

Rondom die beplande 2005-toer na Zimbabwe het weer bekommernisse ontstaan. As gevolg van die menseregtesituasie in Zimbabwe is druk op die Nieu-Seelandse span uitgeoefen om die toer nie aan te pak nie. Die spelers was ten gunste van die toer en hulle het die toer eindelik onderneem,[108] hoewel beide die ministerie van buitelandse sake en die parlement dié toer probeer keer het.[109][110] Tydens die eerste toets in Harare het Nieu-Seeland daarin geslaag om Zimbabwe twee keer op dieselfde dag op onderskeidelik 59 en 99 lopies uit te boul. Zimbabwe was slegs die tweede span wat dit teëgekom het, nadat Indië in 1952 in Manchester ook twee keer op dieselfde dag uitgeboul is. Die toetswedstryd is binne twee dae voltooi en Nieu-Seeland het met ’n beurt en 294 lopies gewen.[111]

Die opkoms van die finansiële sterk Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) het ’n sterk impak op Nieu-Seelandse krieket en sy spelers gehad. Die BCCI het daarin geslaag om ander krieketrade te oortuig om nie spelers te kies wat by die mededingende Indiese T20-Krieketliga aangesluit het nie. Die Nieu-Seelandse krieket het vervolgens die dienste van Shane Bond, Lou Vincent, Andre Adams, Hamish Marshall en Daryl Tuffey verloor. Die geld, wat met T20-krieket in Indië verdien kan word, het dalk ook spelers soos Craig McMillan en Scott Styris (van toetskrieket) vroeër laat aftree as wat hulle dit andersins sou gedoen het. Ná die ondergang van die Indiese Krieketliga het beide Bond en Tuffey weer vir Nieu-Seeland gespeel. Tydens die EDI-reeks in 2006/07 in Nieu-Seeland het Australië van sy sleutelspelers vir die daaropvolgende krieketwêreldbekertoernooi laat rus, terwyl ander beseer was. Die gasheer het die EDI-reeks met 3–0 gewen.[35][112] Tydens beide die krieketwêreldbeker in Wes-Indië en die nuwe T20I-wêreldbeker in Suid-Afrika het Nieu-Seeland die halfeindrondte gehaal. Hoewel die Black Caps tydens die volgende vier T20I-wêreldbekertoernooie slegs tot die Super 8 of Super 10 gevorder het, het hulle tydens die Krieketwêreldbeker 2011 in Indië, Sri Lanka en Bangladesj weer die halfeindstryd gehaal.[113]

Vettori het in 2011 as toetskaptein bedank en hy is deur die sterkolwer Ross Taylor opgevolg. Taylor het Nieu-Seeland vir een jaar aangevoer, insluitende ’n naelbyter-oorwinning in ’n toetswedstryd met ’n lae telling teen Australië in Hobart, hul eerste oorwinning oor Australië sedert 1993.[114] In 2012 het Nieu-Seeland weer daarin geslaag om Zimbabwe twee keer op dieselfde dag op onderskeidelik 51 en 143 lopies uit te boul, waardeur die toetswedstryd binne drie dae voltooi is en Nieu-Seeland met ’n beurt en 301 lopies gewen het.[115]

In 2012/13 is Brendon McCullum as kaptein benoem en nuwe spelers het as wêreldklasspelers opgekom. McCullum het Nieu-Seeland in reeksoorwinnings in 2013/14 oor beide Wes-Indië[116] en Indië[117] asook in 2014/15 oor beide Pakistan[118] en Sri Lanka[119] aangevoer, waarvolgens Nieu-Seeland in die ranglyste vir beide toets en EDI geklim het.[120] In die reeks teen Indië het McCullum in Wellington 302 lopies aangeteken en sodoende Nieu-Seeland se eerste drievoudige honderdtaller in toetskrieket geword.[121]

In vroeg 2015 het die medegasheer Nieu-Seeland die eindstryd van die krieketwêreldbekertoernooi gehaal en onoorwonne deur dié toernooi tot in die eindstryd gevorder, maar hulle is deur die ander medegasheer Australië met sewe paaltjies verslaan.[122] In dieselfde jaar het die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan ter viering van die Māori-taalweek onder die naam Aotearoa in hul eerste wedstryd teen Zimbabwe gespeel.[123] In middel-2015 het Nieu-Seeland na Engeland getoer en goed presteer. Die toetsreeks het met 1–1 onbeslis geëindig, terwyl hulle die EDI-reeks met 2–3 verloor het.[124]

Tussen Oktober tot November 2015, en weer in Februarie 2016, het Nieu-Seeland in twee toetsreekse teen Australië gespeel, met drie en twee wedstryde onderskeidelik. Met ’n Australiese span wat veranderinge ondergaan het, het Nieu-Seeland glo ’n kans gehad om te wen, veral tuis. Nieu-Seeland het albei reekse egter met 0–2 verloor.[125][126][127] Vir die derde toets in Adelaide het Australië en Nieu-Seeland ooreengekom om van dit die eerste dag/aandtoetswedstryd nog te maak.[128]

Tydens die Krieketwêreldbeker 2019 in Engeland en Wallis het Nieu-Seeland vir die tweede agtereenvolgende keer die eindstryd gehaal, nadat hulle in die halfeindstryd Indië met 18 lopies verslaan het.[129] Nieu-Seeland het teen die gasheer Engeland te staan gekom en sedert die Krieketwêreldbeker 1992 was dit die eerste keer wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Die eindstryd teen Engeland op Lord’s word as een van die beste en mees dramatiese krieketwedstryde nog beskryf, en sommige beskou dit as die “beste EDI in die krieketgeskiedenis”.[21] Beide die wedstryd en die nodige Superboulbeurt het in ’n gelykop geëindig en Engeland het die titel ingepalm nadat hulle meer grenshoue aangeteken het as Nieu-Seeland.[130][22][131] Die Nieu-Seelander Kane Williamson was die kaptein wat die meeste lopies (578) tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aangeteken het.[132] Nieu-Seeland is ook die enigste span wat agt keer minstens die halfeindstryd gehaal het sonder om die titel in te palm.[133]

In Januarie 2021 het Nieu-Seeland vir die eerste keer die eerste plek op die IKR-toetsranglys behaal.[1] Eweneens het Nieu-Seeland in Mei dieselfde jaar vir die eerste keer die eerste plek op die EDI-ranglys beklee.[2] In Junie 2021 het Nieu-Seeland in die eindstryd van die eerste Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 teen Indië te staan gekom en hulle met agt paaltjies verslaan.[134] Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 se Super 12 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is Nieu-Seeland deur Pakistan geklop, maar aansluitend het hulle herstel en Indië, Skotland, Namibië en Afghanistan verslaan. Vervolgens het die Nieu-Seelanders hul groep in die tweede plek afgesluit en tot die halfeindrondte gevorder, waar hulle Engeland met vyf paaltjies verslaan en vir die eerste keer die eindstryd gehaal het.[135] In die eindstryd is Nieu-Seeland deur Australië met agt paaltjies verslaan.[136] Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 se Super 12 in Australië het Nieu-Seeland in sy eerste wedstryd die gasheer met 89 lopies verslaan, nadat hulle hul opponent op 111 lopies uitgeboul het. Die daaropvolgende wedstryd teen Afghanistan is weens reën afgelas, waarna die Nieu-Seelanders Sri Lanka en Ierland geklop het, terwyl hulle deur Engeland verslaan is. Vervolgens het hulle hul groep met ’n goeie lopietempo in die eerste plek afgesluit en tot die halfeindrondte gevorder, waar hulle teen Pakistan met sewe paaltjies verloor het.[137] Die tweede Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 het Nieu-Seeland slegs in die sesde plek afgesluit. Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 in Indië het die Nieu-Seelanders Engeland, Nederland, Bangladesj, Afghanistan en Sri Lanka verslaan, maar hulle het ook nederlae gely teen Indië, Australië, Suid-Afrika en Pakistan. Daarmee het hulle, gelyk aan punte met Pakistan en Afghanistan, die halfeindrondte gehaal, maar hulle het teen Indië met 70 lopies verloor.[138] Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 het die Nieu-Seelanders hul wedstryde teen Afghanistan en Wes-Indië verloor, voordat hulle Uganda en Papoea-Nieu-Guinee kon klop, waardeur hulle reeds in die eerste rondte uit die toernooi geskakel is en vir die eerste keer sedert 2014 die halfeindrondte van ’n vername IKR-toernooi nie kon haal nie.[139]

Kleure

[wysig | wysig bron]
Tydperk Truiverskaffer Borg (bors) Borg (moue)
1980–1989 Adidas
1990 DB Draught
1991
1992 ISC
1993–1994 Bank of New Zealand
1995–1996 DB Draught
1997 Bank of New Zealand
1998 Canterbury TelstraClear
1999 Asics
2000 WStar TelstraClear
2001–2005 National Bank of New Zealand TelstraClear
2006–2008
2009 Dheeraj & East Coast
2010 Canterbury
2011–2014 Ford
2015–2016 ANZ
2017 ANZ
2018–2024
2024 Castore
Nieu-Seeland in hul helder toetsklere
Nieu-Seeland in hul donker EDI-klere

Nieu-Seeland se trui word verskaf deur Canterbury, wat in 2009 by die vorige vervaardiger WStar oorgeneem het. Wanneer hulle toetskrieket speel, toon Nieu-Seeland se wit krieketklere die silwervaring op die linkerkant van die trui, die naam en kenteken van die borg ANZ op die regterkant asook op die linkermou en die Canterbury-kenteken op die regtermou. Nieu-Seeland se veldwerkers mag ’n swart pet (soortgelyk aan ’n bofbalpet pleks van die baggypet wat deur ander spanne gebruik word) of ’n wit sonhoed met die Nieu-Seelandse Krieketkenteken in die middel dra. Helms is ook swart geverf (alhoewel dit tot in 1996 wit was met die silwervaring-logo in ’n swart sirkel).

In die korter vorme van krieket vertoon Nieu-Seeland se EDI- en T20I-truie die ANZ-kenteken in die middel met die silwervaring op die linkerkant van die trui, Canterbury se kenteken op die regtermou en die ANZ-embleem op die regterkant. Die EDI-trui bestaan uit ’n swart hemp met blou aksente en swart broeke, terwyl die T20I-trui uit ’n roomkleurige hemp met swart aksente en swart broeke bestaan. Tydens IKR-toernooie in die korter vorme van krieket word ’n veranderde trui-ontwerp gebruik met die borg se kenteken op die mou en NEW ZEALAND oor die bors.

Nieu-Seeland se EDI-trui tussen die Wêreldkrieketreeks in 1980 en 1988 was roomkleur en bruin. Die 1983/1984-weergawe is deur die Black Caps se ondersteunersgroep Beige Brigade gewild gemaak, wat die weergawe van hierdie trui aan die algemene publiek saam met ’n “morele kontrak”, wat die verwagtinge van die Beige Brigadier verklaar het, verkoop is; die trui is ook tydens die eerste T20I-wedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland gedra. Tussen 1991 en 1997 is egter grys of silwer (met die een of ander spatsels van swart of wit) gebruik. Tot in 2000 was die EDI-trui geteël met swart aksente.

Vorige uitrusters was Adidas (Wêreldkrieketreekse 1980–1990), ISC (Krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 1996, Wêreldkrieketreekse 1993–1997), Canterbury (1998–1999), Asics (wat al die deelnemende spanne tydens die Krieketwêreldbeker in 1999 toegerus het) en WStar (2000–2009).

Vorige borge was DB Draught (in 1990–1994 op die voorkant, in 1995–1997 op die mou), Bank of New Zealand (in 1993–1994 en in 1997–1999 op die voorkant), Clear Communications, later TelstraClear (in 1997–2000 op die voorkant, in 2001–2005 op die mou), National Bank of New Zealand (in 2000–2014) en Dheeraj and East Coast (in 2009–2010),[140] sedert 2014 is ANZ die huidige borg, weens die herbemarking van die Nasionale Bank as ANZ. In Mei 2017 het Amul die nuwe borg vir die Kampioenetrofee geword.[141]

Tuisstadions

[wysig | wysig bron]
Huidige Nieu-Seelandse krieketstadions wat tydens toetswedstryde gebruik word

Net soos ander vername krieketlande soos Australië, Bangladesj, Engeland, Ierland, Indië, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe beskik Nieu-Seeland oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan span vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Nieu-Seeland in.

Van Nieu-Seeland se tradisionele krieketwedstryde op vakansiedae sluit in dié rondom Welwillendheidsdag op Basin Reserve in Wellington of op Hagleypark in Christchurch.

Die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan het tot dusver nege tuisstadions tydens toetswedstryde gebruik:

No. Stadion Plek Eerste toets
1 Lancasterpark (Jadestadion, AMI-stadion) Christchurch 10 Januarie 1930
2 Basin Reserve (The Basin) Wellington 24 Januarie 1930
3 Edenpark Auckland 14 Februarie 1930
4 Carisbrook Dunedin 11 Maart 1955
5 McLeanpark Napier 16 Februarie 1979
6 Seddonpark Hamilton 22 Februarie 1991
7 Universiteit-ovaal Dunedin 4 Januarie 2008
8 Hagleypark Christchurch 26 Desember 2014
9 Bay-ovaal Mount Maunganui 21 November 2019

Krieketwêreldbekerstadions

[wysig | wysig bron]
EDI-wedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland op Edenpark in Auckland in 2013

Die Krieketwêreldbeker 1992 is saam deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Van die wedstryde was soos volg opgedeel: Australië het 25 wedstryde op elf verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 14 wedstryde op sewe plekke aangebied het. Beide Australië en Nieu-Seeland het hul wedstryde tydens dié toernooi tuis gespeel, terwyl die openingswedstryd tussen albei gashere op die Nieu-Seelandse Edenparkstadion in Auckland aangebied is. In ruil daarvoor is die eindstryd tussen Pakistan en Engeland op die Australiese Melbourne-krieketveld aangebied.

23 jaar later het beide Australië en Nieu-Seeland die Krieketwêreldbeker 2015 aangebied. Australië het 26 wedstryde op sewe verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 23 wedstryde op sewe plekke aangebied het. Albei gashere het hul wedstryde tuis gespeel, terwyl hul ontmoeting tydens die groepfase weer op die Nieu-Seelandse Edenparkstadion in Auckland gehou is. Tydens die eindwedstryd op die Australiese Melbourne-krieketveld het die gashere herontmoet.

Saam met Australië sal Nieu-Seeland die T20I-wêreldbeker 2028 aanbied.[142]

Wedywering met Australië

[wysig | wysig bron]

Soos in ander sportsoorte (veral rugby, rugby league, netbal en op die Statebondspele) handhaaf Nieu-Seeland tradisioneel goeie wedywering met sy buurland Australië,[143][144] waarna dikwels as “wedywering onder sibbes” (sibling rivalry) verwys word.[145][146] Die eerste toetsreeks tussen albei spanne is tydens die Australiese besoek aan Nieu-Seeland in 1945/46 gespeel. In 1981 het die “onderarm”-wedstryd op die Melbourne-krieketveld die sportiewe verhoudinge tussen albei spanne versuur en dit is selfs op die hoogste politieke vlak tussen albei lande bespreek. Australië en Nieu-Seeland is die enigste twee krieketlande wat om twee trofeë meeding: Sedert 1985/86 in toetskrieket om die Trans-Tasman-trofee en sedert 2006/07 in EDI-krieket om die Chappell-Hadlee-trofee. Albei lande het al belangrike kriekettoernooie soos die Krieketwêreldbeker 1992 en die Krieketwêreldbeker 2015 saam aangebied. Daarbenewens het hulle in die eindstryde van die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2021 ontmoet, wat albei deur Australië gewen is. Nieu-Seeland sal saam met Australië die T20I-wêreldbeker 2028 aanbied.[147]

Internasionale toere

[wysig | wysig bron]

Soos gebruiklik sedert die begin van internasionale krieket, onderneem die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan deels maandelange oorsese toere, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaasliksaamgestelde spanne en klubspanne speel. Eweneens huisves hulle ander nasionale spanne wat na Nieu-Seeland toer. Gedurende die plaaslike somer tree hulle as gasheer op of onderneem op hul beurt toere deur die ander krieketlande van die Suidelike Halfrond en gedurende die plaaslike winter onderneem hulle toere deur krieketlande van die Noordelike Halfrond. As deel daarvan ding Nieu-Seeland in toetskrieket sedert 1985/86 met Australië om die Trans-Tasman-trofee en sedert 2023/24 met Suid-Afrika om die Tangiwai-skild mee. Daarbenewens ding Nieu-Seeland met Australië in EDI-krieket sedert 2004/05 om die Chappell-Hadlee-trofee mee.

Spelers

[wysig | wysig bron]

Bekende spelers

[wysig | wysig bron]
Richard Hadlee (2015)
Martin Crowe (2011)

Twee voormalige Nieu-Seelandse spelers is vir hul uitstekende prestasies in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:[148]

Speler Posisie Inskrywing
Martin Crowe Kolwer 2015
Richard Hadlee Veelsydig 2009

Spelerstatistieke

[wysig | wysig bron]

Altesaam het vir Nieu-Seeland 287 spelers toets-, 215 spelers EDI- en 103 spelers T20I-wedstryde gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Nieu-Seelandse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

[wysig | wysig bron]
Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Kane Williamson 2010–hede 100 8 743 Ross Taylor 2006–2022 236 8 607 Martin Guptill 2009–2022 122 3 531
Ross Taylor 2007–2022 112 7 683 Stephen Fleming 1994–2007 279 8 007 Kane Williamson 2011–hede 093 2 575
Stephen Fleming 1994–2008 111 7 172 Martin Guptill 2009–2022 198 7 346 Brendon McCullum 2005–2015 71 2 140
Brendon McCullum 2004–2016 101 6 453 Nathan Astle 1995–2007 223 7 090 Ross Taylor 2006–2020 102 1 909
Martin Crowe 1982–1995 077 5 444 Kane Williamson 2010–2023 165 6 810 Glenn Phillips 2017–hede 078 1 875
Korrek teen: 18 Junie 2024[149] Korrek teen: 18 Junie 2024[150] Korrek teen: 18 Junie 2024[151]

Paaltjies

[wysig | wysig bron]
Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Richard Hadlee 1973–1990 086 431 Daniel Vettori 1997–2015 291 297 Tim Southee 2008–hede 126 164
Tim Southee 2008–hede 100 380 Kyle Mills 2001–2015 170 240 Ish Sodhi 2014–hede 117 138
Daniel Vettori 1997–2014 112 361 Tim Southee 2008–2023 161 221 Mitchell Santner 2015–hede 104 115
Trent Boult 2011–2022 078 317 Trent Boult 2012–2023 114 211 Trent Boult 2013–hede 061 083
Neil Wagner 2012–hede 064 260 Chris Harris 1990–2004 250 203 Lockie Ferguson 2017–hede 042 061
Korrek teen: 18 Junie 2024[152] Korrek teen: 18 Junie 2024[153] Korrek teen: 18 Junie 2024[154]

Spankapteins

[wysig | wysig bron]

Tot op hede was 31 spelers reeds die kaptein vir Nieu-Seeland tydens ’n toetswedstryd, 25 tydens ’n EDI en tien tydens ’n T20I.[155]

Toets[156] EDI[157] T20I[158]
No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Tom Lowry 1930–1931 Bevan Congdon 1973–1975 Stephen Fleming 2005–2006
2 Curly Page 1932–1937 Glenn Turner 1975–1976 Daniel Vettori 2007–2010
3 Walter Hadlee 1946–1951 Mark Burgess 1978–1980 Brendon McCullum 2008–2015
4 Bert Sutcliffe 1952–1954 Geoff Howarth 1980–1985 Ross Taylor 2010–2012
5 Merv Wallace 1953 John Wright 1983–1990 Kane Williamson 2012–hede
6 Geoff Rabone 1953–1955 Jeremy Coney 1984–1987 Kyle Mills 2013
7 Harry Cave 1955–1956 Jeff Crowe 1986–1988 Tim Southee 2017–2023
8 John Reid 1956–1965 Martin Crowe 1990–1993 Mitchell Santner 2020–2023
9 Murray Chapple 1966 Andrew Jones 1992 Tom Latham 2021–2023
10 Barry Sinclair 1966–1968 Ken Rutherford 1993–1995 Michael Bracewell 2024
11 Graham Dowling 1968–1972 Gavin Larsen 1994
12 Bevan Congdon 1972–1975 Lee Germon 1995–1997
13 Glenn Turner 1976–1977 Stephen Fleming 1997–2007
14 John Parker 1976 Dion Nash 1999
15 Mark Burgess 1978–1980 Craig McMillan 2001–2002
16 Geoff Howarth 1980–1985 Chris Cairns 2002–2003
17 Jeremy Coney 1984–1987 Daniel Vettori 2004–2011
18 Jeff Crowe 1987–1988 Brendon McCullum 2009–2016
19 John Wright 1988–1990 Ross Taylor 2010–2012
20 Martin Crowe 1990–1993 Kane Williamson 2012–2023
21 Ian Smith 1991 Kyle Mills 2013
22 Ken Rutherford 1993–1995 Tom Latham 2017–hede
23 Lee Germon 1995–1997 Tim Southee 2018
24 Stephen Fleming 1997–2006 Mitchell Santner 2022
25 Dion Nash 1999 Lockie Ferguson 2023
26 Daniel Vettori 2007–2011
27 Ross Taylor 2011–2016
28 Brendon McCullum 2013–2016
29 Kane Williamson 2016-2022
30 Tom Latham 2020–2022
31 Tim Southee 2022–hede

Rekords

[wysig | wysig bron]

Toetsrekord teen ander lande

[wysig | wysig bron]
Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
Vlag van Australië Australië 62 8 36 0 18 12,90 8 Maart 1974
Vlag van Bangladesj Bangladesj 19 14 2 0 3 73,68 18 Desember 2001
Vlag van Engeland Engeland 112 13 52 0 47 11,60 10 Februarie 1978
Vlag van Indië Indië 62 13 22 0 27 20,96 22 Februarie 1968
Vlag van Pakistan Pakistan 62 14 25 0 23 22,58 30 Oktober 1969
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 38 18 9 0 11 47,36 4 Maart 1983
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 49 7 26 0 16 14,28 1 Januarie 1962
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 49 17 13 0 19 34,69 9 Maart 1956
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 17 11 0 0 6 64,70 7 November 1992
Algeheel 470 115 185 0 170 24,46 9 Maart 1956
Rekords volledig tot en met toets #2537 op 30 Maart–3 April 2024. Laaste keer hersien op 18 Junie 2024.[159]

Wêreldtoetskampioenskap

[wysig | wysig bron]

EDI-rekord teen ander lande

[wysig | wysig bron]
Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Vlag van Afghanistan Afghanistan 3 3 0 0 0 100,00 8 Maart 2015
Vlag van Australië Australië 142 39 96 0 7 27,46 23 November 1980
Vlag van Bangladesj Bangladesj 45 33 11 0 1 73,33 28 April 1990
Vlag van Engeland Engeland 96 45 44 3 4 46,87 13 Januarie 1983
Vlag van Ierland Ierland 7 7 0 0 0 100,00 9 April 2007
Vlag van Indië Indië 118 50 60 1 7 42,37 14 Junie 1975
Vlag van Pakistan Pakistan 116 51 61 1 3 43,96 11 Februarie 1973
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 102 52 41 1 8 50,98 9 Junie 1979
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 72 25 42 0 5 34,72 29 Februarie 1992
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 68 30 31 0 7 44,11 6 Februarie 1980
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 38 27 9 1 1 71,05 10 Oktober 1987
t. Assosiaatlede
Vlag van Kanada Kanada 3 3 0 0 0 100,00 3 Maart 2003
Vlag van Kenia Kenia 2 2 0 0 0 100,00 20 Maart 2007
Vlag van Nederland Nederland 5 5 0 0 0 100,00 17 Februarie 1996
Oos-Afrika 1 1 0 0 0 100,00 7 Junie 1975
Vlag van Skotland Skotland 4 4 0 0 0 100,00 31 Mei 1999
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 1 1 0 0 0 100,00 27 Februarie 1996
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 1 0 0 0 100,00 10 September 2004
Algeheel 824 379 395 7 43 45,99 11 Februarie 1973
Rekords volledig tot en met EDI #4745 op 18 Maart 2024. Laaste keer hersien op 18 Junie 2024. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[160]

Krieketwêreldbekerrekord

[wysig | wysig bron]
Jaar Uitslag
1975 Halfeindrondte
1979 Halfeindrondte
1983 Groepfase
1987 Groepfase
1992 Halfeindrondte
1996 Kwarteindrondte
1999 Halfeindrondte
2003 Super 6
2007 Halfeindrondte
2011 Halfeindrondte
2015 Naaswenner
2019 Naaswenner
2023 Halfeindrondte
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

[wysig | wysig bron]
Jaar Uitslag
1998 Kwarteindrondte
2000 Kampioen
2002 Groepfase
2004 Groepfase
2006 Halfeindrondte
2009 Naaswenner
2013 Groepfase
2017 Groepfase
2025 gekwalifiseer
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

[wysig | wysig bron]
Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Vlag van Afghanistan Afghanistan 2 1 1 0 0 50,00 7 November 2021
Vlag van Australië Australië 19 5 13 1 0 26,31 18 Maart 2016
Vlag van Bangladesj Bangladesj 20 15 4 0 1 75,00 3 Februarie 2010
Vlag van Engeland Engeland 27 10 15 1 1 37,03 18 September 2007
Vlag van Ierland Ierland 5 5 0 0 0 100,00 11 Junie 2009
Vlag van Indië Indië 25 10 12 3 0 40,00 16 September 2007
Vlag van Pakistan Pakistan 44 19 23 0 2 43,18 8 Mei 2010
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 23 13 7 2 1 56,52 26 Desember 2006
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 15 4 11 0 0 26,66 21 Oktober 2005
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 20 10 5 3 2 50,00 28 Desember 2008
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 6 6 0 0 0 100,00 4 Mei 2010
t. Assosiaatlede
Vlag van Kenia Kenia 1 1 0 0 0 100,00 12 September 2007
Vlag van Namibië Namibië 1 1 0 0 0 100,00 5 November 2021
Vlag van Nederland Nederland 3 3 0 0 0 100,00 29 Mei 2014
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 1 1 0 0 0 100,00 17 Junie 2024
Vlag van Skotland Skotland 4 4 0 0 0 100,00 6 Junie 2009
Vlag van Uganda Uganda 1 1 0 0 0 100,00 14 Junie 2024
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 3 2 1 0 0 66,67 17 Augustus 2023
Algeheel 220 111 92 10 7 50,45 21 Oktober 2005
Rekords volledig tot en met T20I #2704 op 18 Junie 2024. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[161]

T20I-wêreldbekerrekord

[wysig | wysig bron]
Jaar Uitslag
2007 Halfeindrondte
2009 Super 8
2010 Super 8
2012 Super 8
2014 Super 10
2016 Halfeindrondte
2021 Naaswenner
2022 Halfeindrondte
2024 Eerste rondte
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 (en) "Jamieson takes six as New Zealand scale the rankings summit". Internasionale Krieketraad. 6 Januarie 2021. Besoek op 18 Junie 2024.
  2. 2,0 2,1 (en) "New Zealand climb to top of the ODI rankings in annual update". Internasionale Krieketraad. 3 Mei 2021. Besoek op 18 Junie 2024.
  3. (en) "New Zealand top T20I rankings for first time". ESPNcricinfo. 4 Mei 2016. Besoek op 18 Junie 2024.
  4. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  5. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  11. (en) "Blackcaps". Nieu-Seeland Krieket. Besoek op 18 Junie 2024.
  12. (en) "New Zealand People". Nieu-Seeland. Besoek op 18 Junie 2024.
  13. (en) Bill Frindall (2009). Ask Bearders. BBC. p. 163. ISBN 978-1-84607-880-4.
  14. (en) Ian Anderson (29 Januarie 1998). "It's Clear Black Caps very dull". Waikato Times. p. 12.
  15. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  16. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  17. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  18. (en) Greg Baum (24 Maart 2015). "Cricket World Cup: Drama aplenty as New Zealand enter first final". The Sydney Morning Herald. Besoek op 18 Junie 2024.
  19. (en) "A recap of the most dramatic match in cricket history". The Guardian. 14 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  20. (en) "England win Cricket World Cup: Ben Stokes stars in dramatic finale against New Zealand". BBC. 14 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  21. 21,0 21,1 (en) "2019 Cricket World Cup final: England beat Black Caps in greatest ODI in history". The New Zealand Herald. 14 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  22. 22,0 22,1 (en) "Epic final tied, Super Over tied, England win World Cup on boundary count". ESPNcricinfo. 14 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  23. (en) "ICC Hall of Fame". Internasionale Krieketraad. Besoek op 18 Junie 2024.
  24. 24,0 24,1 (en) "Cricket Conference: Formation of a New Zealand Council". Press. 28 Desember 1894. p. 3. Besoek op 18 Junie 2024.
  25. (en) "New Zealand Cricket". Internasionale Krieketraad. Besoek op 18 Junie 2024.
  26. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  27. 27,0 27,1 27,2 27,3 27,4 27,5 27,6 27,7 (en) "Why cricket? – New Zealand cricket". NZ History. Besoek op 18 Junie 2024.
  28. (en) The Summer Game by D.O & P.W. Neely 1994 bl. 11
  29. (en) "History of Cricket in Wellington". Cricket Wellington. Besoek op 18 Junie 2024.
  30. (en) "Auckland". Wellington Independent. Press. 16 Maart 1860. p. 5. Besoek op 18 Junie 2024.
  31. (en) "Cricket Match – Auckland v. Wellington". Wellington Independent. Press. 20 Maart 1860. p. 3. Besoek op 18 Junie 2024.
  32. (en) Pradip Dhole (22 September 2016). "1863–64: First First-Class match in New Zealand". Cricket Country. Besoek op 18 Junie 2024.
  33. (en) "Otago v Canterbury, 1863/64". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  34. (en) Steven Lynch (25 Januarie 2009). "England in Australia, 1876–77". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  35. 35,00 35,01 35,02 35,03 35,04 35,05 35,06 35,07 35,08 35,09 35,10 (en) "New Zealand cricket – Page 5 – Playing Australia". NZ History. Besoek op 18 Junie 2024.
  36. (en) "Australia in New Zealand, 1904/05". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  37. (en) "Australia in New Zealand, 1904/05". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  38. (en) "1909–1963 – Imperial Cricket Conference". Internasionale Krieketraad. Besoek op 18 Junie 2024.
  39. 39,0 39,1 39,2 39,3 39,4 39,5 39,6 (en) "New Zealand cricket – Page 4 – Playing England". NZ History. Besoek op 18 Junie 2024.
  40. (en) "Cricket Tourists". Press. 31 Oktober 1927. p. 11. Besoek op 18 Junie 2024.
  41. (en) "M. C. C. team in the West Indies 1929–30". ESPNcricinfo-Wisden. Besoek op 18 Junie 2024.
  42. (en) "M. C. C. team in New Zealand, 1929–30". ESPNcricinfo-Wisden. Besoek op 18 Junie 2024.
  43. (en) "November 15 down the years – Two legends make their entrance – Tendulkar and Waqar debut". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  44. (en) "Tour of cricketers: Request from Dominion". The New Zealand Herald. Press. 30 Desember 1930. p. 7. Besoek op 18 Junie 2024.
  45. (en) "The New Zealanders in England, 1931". ESPNcricinfo. 8 April 2008. Besoek op 18 Junie 2024.
  46. (en) S. J. Southerton (30 November 1932). "The South African team in Australia and New Zealand 1931–32". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  47. (en) Martin Williamson (11 Augustus 2007). "Bodyline". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  48. (en) S. J. Southerton (23 Oktober 2007). "The M. C. C. team in Australia and New Zealand, 1932–33". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  49. (en) "Cricket: The Australians: Strong side coming over". Auckland Star. Press. 30 Januarie 1934. p. 14. Besoek op 18 Junie 2024.
  50. (en) "Tour cancelled". The New Zealand Herald. Press. 12 Februarie 1934. p. 8. Besoek op 18 Junie 2024.
  51. (en) Wilfrid Brookes (30 November 1937). "The New Zealand team in England 1937". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  52. (en) "Australian cricket team: Tour of New Zealand". Evening Star. 8 Julie 1939. p. 32. Besoek op 18 Junie 2024.
  53. (en) "Bradman may lead Australian team on tour of N.Z." Auckland Star. Press. 22 Junie 1939. p. 23. Besoek op 18 Junie 2024.
  54. (en) "Australian tour abandoned: 'Difficulties caused by war'". Press. 30 November 1939. p. 12. Besoek op 18 Junie 2024.
  55. (en) Martin Williamson (16 Junie 2007). "Beating up your neighbour". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  56. (en) "M.C.C. team in Australia and New Zealand, 1946–47". ESPNcricinfo. 30 November 1947. Besoek op 18 Junie 2024.
  57. (en) "Martin Donnelly". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  58. (en) "New Zealanders in England, 1949". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  59. (en) "M. C. C. team in Australia and New Zealand, 1950–51". ESPNcricinfo. 30 November 1951. Besoek op 18 Junie 2024.
  60. (en) "New Zealand v West Indies 1951–52". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  61. (en) "South Africans in Australia and New Zealand, 1952–53". ESPNcricinfo. 30 November 1953. Besoek op 18 Junie 2024.
  62. (en) "New Zealanders in South Africa, 1953–54". ESPNcricinfo. 30 November 1954. Besoek op 18 Junie 2024.
  63. (en) Nagraj Gollapudi (Maart 2015). "26 all out". The Cricket Monthly. Besoek op 18 Junie 2024.
  64. (en) "MCC in Australia and New Zealand, 1954–55". ESPNcricinfo. 30 November 1955. Besoek op 18 Junie 2024.
  65. (en) "New Zealand in Pakistan and India, 1955–56". ESPNcricinfo. 30 November 1956. Besoek op 18 Junie 2024.
  66. (en) "West Indies in New Zealand, 1955–56". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  67. (en) "West Indies tour of New Zealand, 1955/56". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  68. (en) "West Indies in New Zealand, 1955–56". ESPNcricinfo. 30 November 1956. Besoek op 18 Junie 2024.
  69. (en) Don Cameron (14 Desember 2008). "McGregor catches Weekes". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  70. (en) Norman Preston (30 November 1958). "New Zealanders in England, 1958". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  71. (en) Harry Gee (30 November 1959). "M.C.C. team in Australia and New Zealand, 1958–59". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  72. (en) "Statistics / Statsguru / Test matches". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  73. (en) "New Zealand in South Africa, 1961–62". ESPNcricinfo. 30 November 1962. Besoek op 18 Junie 2024.
  74. (en) "Outstanding Achievements". Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand. 23 April 2009. Besoek op 18 Junie 2024.
  75. (en) "John Reid". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  76. (en) "M.C.C. team in Australia and New Zealand, 1962–63". ESPNcricinfo. 30 November 1963. Besoek op 18 Junie 2024.
  77. (en) "South Africa in Australia and New Zealand, 1963−64". ESPNcricinfo. 30 November 1964. Besoek op 18 Junie 2024.
  78. (en) "Pakistan in Australia and New Zealand, 1964–65". ESPNcricinfo. 30 November 1965. Besoek op 18 Junie 2024.
  79. (en) "M.C.C. team in Australia and New Zealand, 1965–66". ESPNcricinfo. 30 November 1966. Besoek op 18 Junie 2024.
  80. (en) "New Zealand in India and Pakistan, 1964–65". ESPNcricinfo. 30 November 1965. Besoek op 18 Junie 2024.
  81. (en) Nagraj Gollapudi (17 Maart 2009). "A win by spin in Dunedin". The Cricket Monthly. Besoek op 18 Junie 2024.
  82. (en) R.T. Brittenden (30 November 1970). "New Zealand in India and Pakistan, 1969". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  83. (en) "Most consecutive series without victory". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  84. (en) R.T. Brittenden (30 November 1973). "Pakistan in New Zealand, 1972–73". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  85. (en) "Australia in New Zealand, 1973–74". ESPNcricinfo. 30 November 1974. Besoek op 18 Junie 2024.
  86. (en) "Richard Hadlee: 'The Most Intelligent Fast Bowler Ever'". Wisden Almanack. 3 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  87. (en) Alex Bannister (30 November 1978). "England in Pakistan and New Zealand, 1977–78". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  88. (en) "The New Zealanders in England, 1983". ESPNcricinfo. 30 November 1983. Besoek op 18 Junie 2024.
  89. (en) "New Zealand v England 1983–84". ESPNcricinfo. 30 November 1984. Besoek op 18 Junie 2024.
  90. (en) Graeme Wright (3 April 2008). "The New Zealanders in England, 1986". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  91. (en) "Underarm, underarm". ESPNcricinfo. 29 Januarie 2011. Besoek op 18 Junie 2024.
  92. (en) "Lance Cairns". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  93. (en) "1st Test, Brisbane, Nov 8 – 12 1985, New Zealand tour of Australia". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  94. (en) "The New Zealanders in Australia, 1985–86". ESPNcricinfo. 30 November 1986. Besoek op 18 Junie 2024.
  95. (en) "The Australians in New Zealand, 1985–86". ESPNcricinfo. 30 November 1986. Besoek op 18 Junie 2024.
  96. 96,0 96,1 96,2 (en) "New Zealand cricket – Page 3 – The World Cup". NZ History. Besoek op 18 Junie 2024.
  97. (en) Karthik Krishnaswamy (1 Mei 2020). "Inzamam-ul-Haq, Javed Miandad the heroes as Pakistan surge into World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  98. (en) Jamie Alter (18 Januarie 2011). "Amazing grace denies the Kiwis". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  99. (en) Jamie Alter (24 Februarie 2007). "Shoaib shatters the Kiwis". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  100. (en) "1995–1996 West Indies v New Zealand – 4th Match – Georgetown, Guyana". HowStat. Besoek op 18 Junie 2024.
  101. (en) "4th ODI, New Zealand tour of West Indies at Georgetown, Apr 3 1996". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  102. (en) "Fourth One-Day International – WEST INDIES v NEW ZEALAND". Wisden 1997. Besoek op 18 Junie 2024.
  103. (en) "Daniel Vettori". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  104. (en) Brydon Coverdale (24 Mei 2017). "The man behind New Zealand's world title". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  105. (en) "Shane Bond". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  106. (en) "New Zealand refuse to play in Kenya". The Guardian. 31 Januarie 2003. Besoek op 18 Junie 2024.
  107. (en) "Kiwi chief slams format". BBC. 16 Maart 2003. Besoek op 18 Junie 2024.
  108. (en) "New Zealand players unanimous in their decision to tour". ESPNcricinfo. 23 Julie 2005. Besoek op 18 Junie 2024.
  109. (en) "New Zealand asks for Zimbabwe ban from internationals". ESPNcricinfo. 6 Julie 2005. Besoek op 18 Junie 2024.
  110. (en) "NZ Parliament votes to stop Zimbabwe tour". ESPNcricinfo. 26 Julie 2005. Besoek op 18 Junie 2024.
  111. (en) "Hopeless Zimbabwe crushed inside two days – Zimbabwe v New Zealand 1st Test, Harare". ESPNcricinfo. 8 Augustus 2005. Besoek op 18 Junie 2024.
  112. (en) Brydon Coverdale (20 Februarie 2007). "Stunning McMillan seals whitewash". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  113. (en) "Sri Lanka survive jitters to reach World Cup final". ESPNcricinfo. 29 Maart 2011. Besoek op 18 Junie 2024.
  114. (en) Mark Geenty (10 Junie 2012). "Australia v New Zealand, 2011–12". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  115. (en) Andrew Fernando (28 Januarie 2012). "New Zealand bowl out Zimbabwe twice in a day". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  116. (en) Andrew McGlashan (22 Desember 2013). "New Zealand ease to series victory". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  117. (en) Sidharth Monga (18 Februarie 2014). "India hang on for a draw after McCullum triple". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  118. (en) Devashish Fuloria (30 November 2014). "Series tied as New Zealand take emotional win". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  119. (en) Devashish Fuloria (7 Januarie 2015). "NZ complete turnaround with big win". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  120. (en) "New Zealand top T20I rankings for first time". ESPNcricinfo. 4 Mei 2016. Besoek op 18 Junie 2024.
  121. (en) "Brendon McCullum". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  122. (en) "Results | Cricket World Cup 2015 – ICC Cricket | Official Website". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2016. Besoek op 20 Maart 2016.
  123. (en) "New Zealand to play as Aotearoa". ESPNcricinfo. 27 Julie 2015. Besoek op 18 Junie 2024.
  124. (en) Andrew Alderson (24 Junie 2015). "Limited-overs losses dampen New Zealand's tour". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  125. (en) Brydon Coverdale (29 November 2015). "Australia sneak home in tense finish". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  126. (en) Daniel Brettig (24 Februarie 2016). "Australia claim No. 1, McCullum exits". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  127. (en) "Australia v New Zealand Test series: Little brother's big chance". The Sydney Morning Herald. 11 Februarie 2016. Besoek op 18 Junie 2024.
  128. (en) Daniel Brettig (29 Junie 2015). "First day-night Test for Adelaide Oval". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  129. (en) "Jadeja, Dhoni fight in vain as New Zealand advance to final". Cricbuzz. 10 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  130. (en) Akash Sarkar (15 Julie 2019). "England win World Cup on boundary count after Super Over thriller against New Zealand". Cricbuzz. Besoek op 18 Junie 2024.
  131. (en) "Relive incredible World Cup final with clips and analysis as it happened". BBC. 14 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  132. (en) "Kane Williamson becomes captain with most runs in a World Cup". Times of India. 15 Julie 2019. Besoek op 18 Junie 2024.
  133. (en) Niall Anderson (7 Julie 2019). "Cricket World Cup 2019: How Black Caps have to overcome 44 years of history to win World Cup". The New Zealand Herald. Besoek op 18 Junie 2024.
  134. (en) Sidharth Monga (23 Junie 2021). "Under the radar no more, New Zealand trump India to become Test world champions". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  135. (en) Alagappan Muthu (10 November 2021). "Daryl Mitchell, Jimmy Neesham pull off heist as New Zealand storm into final". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  136. (en) Karthik Krishnaswamy (21 April 2022). "Marsh, Warner muscle Australia to T20 World Cup glory". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  137. (en) Andrew Fidel Fernando (9 November 2022). "Near-perfect Pakistan make light work of New Zealand to storm into final". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  138. (en) Sidharth Monga (15 November 2023). "India waltz into World Cup final after Shami seven-for and centuries from Iyer and Kohli". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  139. (en) Andrew Fidel Fernando (14 Junie 2024). "Uganda eye bright finish against knocked-out New Zealand". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  140. (en) "NZ Cricket Museum Shop – Poster: NZ ODI Shirts". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2018. Besoek op 8 September 2018.
  141. (en) "Indian dairy giant Amul to sponsor Black Caps – The Country – The Country News". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2018. Besoek op 8 September 2018.
  142. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  143. (en) Trevor Marshallsea (3 Mei 2016). "Mad Tuesday: 11 things you never wanted to know about the Trans Tasman sporting rivalry". Fox Sports. Besoek op 18 Junie 2024.
  144. (en) Russell Jackson (28 Oktober 2015). "The encounters that have underpinned trans-Tasman sporting rivalry". The Guardian. Besoek op 18 Junie 2024.
  145. (en) Suvajit Mustafi (28 Maart 2015). "Australia vs New Zealand, an intense sibling rivalry where nothing else matters than 'win'". Cricket Country. Besoek op 18 Junie 2024.
  146. (en) Rosanna Price, Henry Cooke (27 Maart 2015). "Top ten NZ/Australia clashes". Stuff. Besoek op 18 Junie 2024.
  147. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  148. (en) "ICC Hall of Famers". Internasionale Krieketraad. Besoek op 18 Junie 2024.
  149. (en) "Records / New Zealand / Test Matches / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  150. (en) "Records / New Zealand / One-Day Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  151. (en) "Records / New Zealand / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  152. (en) "Records / New Zealand / Test Matches / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  153. (en) "Records / New Zealand / One-Day Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  154. (en) "Records / New Zealand / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  155. Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
  156. (en) "Records / New Zealand / Test Matches / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  157. (en) "Records / New Zealand / One-Day Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  158. (en) "Records / New Zealand / Twenty20 Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 18 Junie 2024.
  159. (en) "Records / New Zealand / Test matches / Result summary". ESPNcricinfo. 3 April 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  160. (en) "Records / New Zealand / ODI matches / Result summary". ESPNcricinfo. 18 Maart 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  161. (en) "Records / New Zealand / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 18 Junie 2024. Besoek op 18 Junie 2024.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) Geoffrey Rice; Frances Ryman (2015). Cricketing Colonists: The Brittan Brothers in Early Canterbury. Christchurch, Nieu-Seeland: Canterbury University Press. ISBN 978-1-927145-68-5.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Greg Ryan (2004). The Making of New Zealand Cricket, 1832–1914. Cass. ISBN 978-0-7146-5354-9.
  • (en) Don Neely; Richard Payne (1986). Men in White: The History of New Zealand International Cricket, 1894–1985. Moa. ISBN 978-0-908570-01-0.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Tom Reese (1927). New Zealand Cricket, 1841–1914. Simpson & Williams. ISBN 1-877145-65-3.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]