Mitchells Plain
Mitchells Plain | |
---|---|
Voorstad | |
Skoolkinders in Mitchells Plain | |
Koördinate: 34°3′2″S 18°37′5″O / 34.05056°S 18.61806°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1970 |
Oppervlak | |
• Totaal | 43,76 km2 (16,90 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 310 485 |
• Digtheid | 7 095/km2 (18 380/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 90.8% |
• Swart mense | 7.3% |
• Ander | 1.1% |
Taal (2011) | |
• Engels | 47.4% |
• Afrikaans | 46.9% |
• Xhosa | 3.3% |
• Ander | 2.4% |
Poskode (strate) | 7785 |
Poskode (posbusse) | 7789 |
Skakelkode | 021 |
Mitchells Plain[2] is 'n woongebied vir grotendeels bruin mense, 32 km vanaf Kaapstad se middestad. Dit is Suid-Afrika se elfde grootste woongebied. Dit is op die Kaapse Vlakte aan die Valsbaai-kus tussen Muizenberg en Khayelitsha geleë.
Mitchells Plain is in die 1970's as 'n township vir Bruin inwoners onder die destydse groepsgebiedewet aangelê. Hoewel Mitchells Plain nie meer 'n uitsluitlik bruin woongebied is nie, is die bevolking steeds oorwegend Bruines. Met 'n geskatte bevolking van 310 485 mense bestaan Mitchells Plain uit verskeie sub-afdelings wat die diversiteit en klasseverskille tussen inwoners aandui.
Die gebied was aanvanklik bekend as basis van die United Democratic Front wat die ANC se anti-apartheidsbedrywighede help finansier het. Deesdae is dit meer bekend vir sy bendes en "tik"-verslawing (metamfetamien) onder die jeug. Ten spyte van die negatiewe faktore is een van Kaapstad se grootste winkelsentrums, die Liberty Promenade, hier geleë.
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens data van die 2011-sensus wat deur Statistiek Suid-Afrika saamgestel is het Mitchells Plain die volgende demografie:[3]
Groep | Manlik | Persentasie | Vroulik | Persentasie | Totaal | Persentasie |
---|---|---|---|---|---|---|
Bruin | 137 360 | 43,17 | 144 085 | 46,43 | 281 829 | 90,77 |
Swart | 12 692 | 4,48 | 14 021 | 4,95 | 22 723 | 7,32 |
Indier/Asiate | 902 | 0,32 | 861 | 0,30 | 1 926 | 0,62 |
Wit | 274 | 0,09 | 307 | 0,10 | 581 | 0,19 |
Totaal | 151 033 | 48,64 | 159 453 | 51,36 | 310 485 | 100 |
Sub-afdelings
[wysig | wysig bron]Mitchells Plein is in verskeie sub-afdelings opgedeel. Die meer gegoede dele is in die weste en armer gemeenskappe in die oostelike helfte geleë.
- Rocklands
- Westridge
- Portlands
- Tafelsig
- Eastridge
- Beacon Valley
- Lentegeur
- Woodlands
- Weltevreden Valley
- Colorado Park
- Strandfontein
Misdaad
[wysig | wysig bron]Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Mitchells Plain ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mitchells Plain". Sensus 2011.
- ↑ Die amptelike spelling, wat oorspronklik aan die Nasionale Pleknamekomitee voorgelê is vir goedkeuring, was Mitchell's Plain.
- ↑ Mitchells Plain Sensus 2011
- ↑ "South Africa is deploying the army to fight crime – here's how the murder rate compares to an actual war zone". BusinessTech (in Engels). 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 12 Julie 2019.