iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.
iBet uBet web content aggregator. Adding the entire web to your favor.



Link to original content: http://af.wikipedia.org/wiki/Krieketwêreldbeker_2027
Krieketwêreldbeker 2027 - Wikipedia Gaan na inhoud

Krieketwêreldbeker 2027

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Krieketwêreldbeker 2027

Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding sal word
Datums Oktober – November
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Namibië Namibië
Deelnemers 14
Wedstryde gespeel 54
2023
2031

Die Krieketwêreldbeker 2027 (Engels: 2027 Cricket World Cup) word van Oktober tot November 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië beslis.[1] Dit is die 14de krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede in Suider-Afrika. Die 2003-toernooi is deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia aangebied. Namibië sal vir die eerste keer ’n wêreldbekertoernooi aanbied.

14 nasionale krieketspanne neem aan die Krieketwêreldbeker 2027 deel, waartydens 54 wedstryde gespeel word, waaronder 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.[2] Die eerste bal word iewers in Oktober geboul; maar die presiese datum is nog nie bekend nie. Die spanne word in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die drie beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Ses, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 50 boulbeurte per span. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1999 en die Krieketwêreldbeker 2003 gebruik.[3] Australië is die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2023 teen die gasheer Indië gewen het.[4]

Toewysing

[wysig | wysig bron]

Krieket Suid-Afrika het in Mei 2021 aangekondig dat hy ’n bod vir die Krieketwêreldbeker 2027 ingedien het.[5] Die Internasionale Krieketraad het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 16 November 2021 aangewys. Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië is gesamentlik as gashere vir die 2027-toernooi benoem, terwyl die 2031-toernooi aan Indië en Bangladesj toegewys is.[6]

Deelnemers

[wysig | wysig bron]
Grafiek van die kwalifiseringsproses vir die Krieketwêreldbeker 2027

Die medegashere Suid-Afrika en Zimbabwe, asook die agt beste spanne op die IKR se EDI-ranglys soos op 31 Maart 2027 sal regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2027 kwalifiseer, terwyl die oorblywende vier plekke tydens vastelandse kwalifiserings beslis sal word.[7] Hoewel Namibië tydens die toernooi vir die eerste keer as gasheer optree, sal hulle as ’n assosiaatlid nie regstreeks vir die toernooi kan kwalifiseer nie en Namibië sal aan die kwalifiseringstoernooi moet deelneem.[8]

Kwalifiserende spanne

[wysig | wysig bron]

Die volgende twee spanne het al vir die Krieketwêreldbeker 2027 gekwalifiseer. Later sal nog twaalf spanne aansluit.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Gashere Tiende 2023 Halfeindrondte (1992, 1999, 2007, 2015, 2023)
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe Tiende 2015 Super Ses (1999, 2003)

Stadions

[wysig | wysig bron]

Op 10 April 2024 het Krieket Suid-Afrika die agt stadions op die kortlys bekend gemaak.[9] Pholetsi Moseki, hoof- uitvoerende beampte van dié krieketraad, het verduidelik dat van die elf IKR-geakkrediteerde stadions in Suid-Afrika die finale agt stadions volgens verskeie faktore soos die beskikbaarheid van lughawens en hotelverblyf gekies is.[10]

Paarl, Wes-Kaap Oos-Londen, Oos-Kaap Centurion, Gauteng Durban, KwaZulu-Natal
Bolandpark Buffalopark SuperSport-park Kingsmead
33°44′29″S 18°59′54″O / 33.74139°S 18.99833°O / -33.74139; 18.99833 (Bolandpark) 33°0′24.14″S 27°55′09.72″O / 33.0067056°S 27.9193667°O / -33.0067056; 27.9193667 (Buffalopark) 25°51′35.69″S 28°11′43.35″O / 25.8599139°S 28.1953750°O / -25.8599139; 28.1953750 (SuperSport-park) 29°51′0.21″S 31°1′40.13″O / 29.8500583°S 31.0278139°O / -29.8500583; 31.0278139 (Kingsmead)
Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 25 000
Bloemfontein, Vrystaat Kaapstad, Wes-Kaap Gqeberha, Oos-Kaap Johannesburg, Gauteng
Mangaung-ovaal Nuweland St. Georgespark Wanderers
29°7′0.04″S 26°12′18.97″O / 29.1166778°S 26.2052694°O / -29.1166778; 26.2052694 (Mangaung-ovaal) 33°58′25.32″S 18°28′8.16″O / 33.9737000°S 18.4689333°O / -33.9737000; 18.4689333 (Nuweland) 33°57′59.35″S 25°36′36″O / 33.9664861°S 25.61000°O / -33.9664861; 25.61000 (St. Georgespark) 26°7′52.17″S 28°3′26.69″O / 26.1311583°S 28.0574139°O / -26.1311583; 28.0574139 (Wanderers)
Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 34 000

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die Krieketwêreldbeker 2027 word tussen 14 verskillende spanne oor 54 wedstryde beslis. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbekertoernooie in 1999 en 2003 gebruik.

Groepfase en Super Ses

[wysig | wysig bron]

Die Krieketwêreldbeker 2027 word deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase word die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel; elke span speel een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep, dus speel elke span ses wedstryde in die groepfase. Twee punte word vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, word volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe dring na die Super Ses deur.

In die Super Ses-rondte speel elke span teen die spanne, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, speel nie teen mekaar nie en die punte van dié wedstryde word na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die groepfase.

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af neem die toernooi ’n uitklopformaat aan wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses dring na die uitklopfase deur. Die eerste span speel teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word.

Wedstryde

[wysig | wysig bron]

Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitklopfase.

Groepfase

[wysig | wysig bron]
Kwalifiseer vir die Super Ses.
Uit die toernooi geskakel.

14 spanne sal aan die groepfase deelneem. Die drie beste spanne in elke groep dring na die Super Ses deur.

Groep A

[wysig | wysig bron]
Span S W V O G LT P P/o
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t

Groep B

[wysig | wysig bron]
Span S W V O G LT P P/o
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t

Super Ses

[wysig | wysig bron]
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Span S W V O G LT P P/o
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
n.v.t. 0 0 0 0 0 0
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t
2027
t

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]
  Halfeindrondte Eindrondte
             
 Kwalifiseerder 1  
 Kwalifiseerder 4  
     Wenner Halfeindstryd 1
   Wenner Halfeindstryd 2
 Kwalifiseerder 2
 Kwalifiseerder 3  

Halfeindrondte

[wysig | wysig bron]
2027
Kwalifiseerder 1
t
Kwalifiseerder 4
2027
Kwalifiseerder 2
t
Kwalifiseerder 3

Eindstryd

[wysig | wysig bron]
2027
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2


Krieketwêreldkampioen 2027
Wenner Eindstryd

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 11 April 2024.
  2. (en) "Cricket World Cup to revert to 14 teams from 2027". The Hindu. 2 Junie 2021. Besoek op 11 April 2024.
  3. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 11 April 2024.
  4. (en) Andrew Miller (19 November 2023). "Head's magnificent 137 leads Australia to sixth World Cup title". ESPNcricinfo. Besoek op 11 April 2024.
  5. (en) "South Africa To Bid For 2027 Cricket World Cup". NDTV Sports. 1 Mei 2021. Besoek op 11 April 2024.
  6. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 11 April 2024.
  7. (en) Nagraj Gollapudi, Matt Roller (29 Oktober 2023). "2025 Champions Trophy qualification at stake during ODI World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 11 April 2024.
  8. (en) Pramod Ananth (13 November 2022). "ICC announces qualification pathway for 2027 World Cup". Cricket.com. Besoek op 11 April 2024.
  9. (en) "Wanderers, Kingsmead, Newlands confirmed as venues for 2027 ODI World Cup: Report". Firstpost. 10 April 2024. Besoek op 11 April 2024.
  10. (en) "ODI World Cup 2027: Wanderers, Kingsmead, Newlands among eight SA venues". Business Standard. 10 April 2024. Besoek op 11 April 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Krieketwêreldbeker

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031