Koppies
Voorkoms
- Vir die landvorm ('n koppie of eilandberg), sien inselberg.
Koppies (Kwakwatsi ingereken) | |
---|---|
Dorpie | |
Koppies, ingang na die dorp | |
Koördinate: 27°15′0″S 27°38′0″O / 27.25000°S 27.63333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Ngwathe |
Stigting | 1876 |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,5 km2 (2,9 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 803 |
• Digtheid | 1 840/km2 (4 800/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 94.9% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 79.5% |
• Xhosa | 6.1% |
• Afrikaans | 4.9% |
• Zoeloe | 2.7% |
• Ander | 6.7% |
Poskode (strate) | 9540 |
Poskode (posbusse) | 9540 |
Skakelkode | 056 |
Webwerf | www.koppies.info |
Koppies is 'n dorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Kroonstad en Sasolburg.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die naam is afgelei van die naam van die plaas Honingkopjes waarop die dorp onder die bestuur van die destydse Departement van Lande in 1910 uitgelê is. Munisipale status is in 1926 aan die dorpie toegeken.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 1 550 km2 groot. Mielies, graansorghum, grondbone, wol, skaapvleis en suiwel is van die vernaamste produkte wat geproduseer word. Daar is ook 'n poeiermelkfabriek in die dorp. Daar is 'n natuurreservaat rondom die Koppiesdam buite die dorp.