Koningin Maudland
| |||||
Nasionale leuse: Alt for Norge / Noreg (Noors vir: "Alles vir Noorweë") Eidsvoll-gelofte (1814): Enig og tro til Dovre faller Einig og tru til Dovre fell (Noors vir: "Verenig en lojal totdat die berge van Dovre verkrummel") | |||||
Volkslied: Ja, vi elsker dette landet (Noors vir: "Ja, ons is lief vir hierdie land") Koninklike volkslied: Kongesangen | |||||
Hoofstad | geen | ||||
Grootste stad | geen | ||||
Amptelike tale | Noors (Bokmål en Nynorsk) | ||||
Regering • Monarg
• Administrasie |
Noorse oorsese gebied Harald V Ministerie van Justisie en Polisie | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Geannekseer • Afhanklikheid • Antarktiese Verdrag |
Noorse oorsese gebied 14 Januarie 1939 21 Junie 1957 23 Junie 1961 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 700 000 km2 1 042 476 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - -skatting - Digtheid |
0 (-) / km2 | ||||
Geldeenheid | Noorse kroon (NOK )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .no | ||||
Skakelkode | +47 |
Koningin Maudland (Noors: Dronning Maud Land) is die deel van Antarktika wat tussen die terminus van Stancomb-Willsgletser, by 20°W, en Shinnangletser, by 44° 38'O lê. Dit het 'n landoppervlak van ongeveer 2 500 000 km² wat meestal deur die Antarktiese ysplaat bedek is. Dit is deur Noorweë opgeëis op 4 Januarie 1938, maar soos alle ander aansprake in Antarktika, word dit nie universeel erken nie en is die gebied onderworpe aan die Antarktiese Verdrag.
Koningin Maudland word verdeel in vyf kusgebiede waaraan gedink kan word as sektore wat van wes na oos tot by die Suidpool strek (kloksgewys):
No. | Sektor | Oppervlak (km2) | Westelike grens | Oostelike grens |
---|---|---|---|---|
1 | Kronprinsesse Märtha Kyst | 970 000 | 020°00' W | 005°00' O |
2 | Prinsesse Astrid Kyst | 580 000 | 005°00' O | 020°00' O |
3 | Prinsesse Ragnhild Kyst | 540 000 | 020°00' O | 034°00' O |
4 | Prins Harald Kyst | 230 000 | 034°00' O | 040°00' O |
5 | Prins Olaf Kyst | 180 000 | 040°00' O | 044°38' O |
Dronning Maud Land | 2,500,000 | 020°00' W | 044°38' O |
Die gebied is vir die eerste keer in 1930 deur Hjalmar Riiser-Larsen besoek as deel van pogings om die Antarktiese gebied te karteer. Roald Amundsen het dit voorheen ter ere van Koningin Maud van Noorweë en die hele plato wat die Suidpool omring Haakon VII's Vidde ter ere van Koning Haakon VII van Noorweë vernoem. Die gebied wat oorspronklik deur Amundsen as Koningin Maudland geïdentifiseer is het tussen 37° en 50° Oos gelê.
In 1985 het Noorweë die Tor navorsingstasie by Svarthammaren op Koningin Maudland se Prinses Marthakus opgerig; en in 2005, Koningin Sonja van Noorweë nog 'n navorsingstasie genaamd Troll by Jutulsessen geopen. Dit verskil van ander Antarktiese navorsingstasies in die sin dat dit nie op ys geleë is nie maar op 'n sneeuvrye rotsbedekte helling.
Chronologie
[wysig | wysig bron]1832 | John Biscoe se ekspedisie beweer dat hulle Grahamland waargeneem het, een bron[1] stel egter dat dit Anverseiland was. |
1893 | Carl Anton Larsen ontdek en benaam Grahamland se Foynkus, Koning Oscarland, Jasonberg en Robertsoneiland. |
24 Jan 1895 | Carsten Borchgrevink onderneem wat na bewering die eerste landing op Antarktika is. Drie jaar later lei hy die eerste geselskap om op die kontinent te oorwinter. |
14 Des 1911 | Vyf Nore, onder leiding van Roald Amundsen, is die eerste mense om die Suidpool te bereik. |
1930 | Hjalmar Riiser-Larsen vlieg oor die gebied wat te vore Dronning Maud Land (Koningin Maudland) deur Roald Amundsen genoem is. |
14 Jan 1938 | Dronning Maud Land, geïdentifiseer as die gebied tussen 45° en 20°O word formeel deur Noorweë opgeëis. |
19 Jan 1939 tot 23 Mei 1945 |
Die gebied tussen 20°O en 10°W word deur Nazi Duitsland opgeëis as "Duits Nieu-Swabië" (Deutsche Neuschwabenland). Dit is deur geen ander land erken nie. |
13 Jan 1941 | Duitse kommando's gaan aanboord van en buit twee Noorweegse fabriekskepe in die see noord van Koningin Maudland. Teen die einde van die volgende dag het die Duitsers besit geneem van drie fabriekskepe en nog elf visserskepe. Die Duitse Vloot gebruik daarna 'n hawe op die Kergueleneilande as 'n basis om Geallieerde skepe aan te val. |
1948 | Die administrasie van Dronning Maud Land word toegesê aan die Noorweegse Poolinstituut, as deel van die Noorweegse Ministerie van Omgewingsake. |
1957 | Dronning Maud Land word in Noorweë ingelyf onder Noorweegse soewereiniteit as 'n afhanklike gebied. |
Kyk ook
[wysig | wysig bron]- Peter I-Eiland, die ander Antarktiese gebied waarop Noorweë aanspraak maak.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ [1] Geargiveer 12 Mei 2006 op Wayback Machine
Bronne
[wysig | wysig bron]- Donald, L.E.: The Exploration of Queen Maud Land. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 1, Desember 1981
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Koningin Maudland. |
- Noorweegse Poolinstituut Geargiveer 14 Februarie 2006 op Wayback Machine
- Klim notas vir Dronning Maud Land Geargiveer 4 Februarie 2006 op Wayback Machine by Alpinist.com
- Versameling van foto's, kaarte en dokumente oor die geologie van westelike Dronning Maud Land
Bouveteiland · Jan Mayen · Koningin Maudland · Peter I-Eiland · Svalbard |