7 Februarie
Voorkoms
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
7 Februarie is die 38ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 327 dae in die res van die jaar (328 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 457 – Leo I word keiser van die Bisantynse ryk.
- 1301 – Edward van Caernarvon (later koning Edward II van Engeland) word die eerste Prins van Wallis.
- 1550 – Pous Julius III volg Pous Paulus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1613 – Mikhail Romanof word tsaar van Rusland.
- 1742 – Pous Benedictus XIV publiseer "Etsi mimine" waarin gestel word dat geloof alleen nie genoeg is vir saligwording nie.
- 1807 – Napoleon se Franse ryk begin teen die Russiese en Pruisiese magte van die Vierde koalisie veg in die slag van Eylau in Pole.
- 1882 – In Mississippistad, Mississippi, vind die laaste swaargewigbokskampioenskapgeveg plaas sonder handskoene.
- 1898 – Émile Zola word verhoor vir laster vir J’Accuse as deel van die Alfred Dreyfus-saak.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Vaalkrans eindig in ’n Boere-oorwinning.
- 1900 – Die Britse Arbeidersparty word gestig.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi magte begin met ’n teenoffensief in Anzio in Italië.
- 1962 – Die regering van die VSA verban alle Kubaanse in- en uitvoere.
- 1964 – Die Beatles besoek die VSA vir die eerste keer.
- 1971 – Vroue kry stemreg in Switserland.
- 1974 – Grenada word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1977 – Die Sowjetunie lanseer Soyuz 24.
- 1984 – Ruimtevaarders Bruce McCandless II en Robert L. Stewart doen die eerste koordlose ruimtewandeling.
- 1986 – 28 jaar se eenfamilieregering eindig in Haïti toe president Jean-Claude Duvalier vlug.
- 1990 – Ineenstorting van die Sowjetunie: die sentrale komitee van die Sowjetkommunisteparty stem in om hul monopolie van beheer te laat vaar.
- 1991 – Haïti se eerste demokraties verkose president, Jean-Bertrand Aristide, word ingesweer.
- 1992 – Die Europese Unie word gevorm.
- 2003 – Laaste kontak na Pioneer 10 beantwoord.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1102 – Matilda van Engeland († 1167).
- 1478 – Thomas More, Engelse renaissance-humanis, juris, filosoof en staatsman († 1535).
- 1804 – John Deere, Amerikaanse grofsmid en uitvinder († 1886).
- 1812 – Charles Dickens, Britse skrywer († 1870).
- 1840 – Charles Warren, Walliese en Britse kryger († 1927).
- 1901 – Vivian Frederick Maynard FitzSimons, Suid-Afrikaanse herpetoloog († 1975)
- 1907 – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies († 1946).
- 1919 – Jan Schutte, Suid-Afrikaanse uitsaaier en skrywer († 1999).
- 1932 – Alfred Worden, Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur († 2020).
- 1934 – Rona Rupert, Afrikaanse kinderboekskrywer († 1995).
- 1942 – Gareth Hunt, Britse akteur († 2007).
- 1944 – Antoni Wit, Poolse dirigent.
- 1965 – Chris Rock, Amerikaanse komediant.
- 1985 – Wilhelm Steenkamp, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1990 – Keshav Maharaj, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1996 – Pierre Gasly, Franse Formule Een-renjaer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 590 – Pous Pelagius II, die 63ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1652 – Gregorio Allegri, Romeinse komponis (* c. 1582).
- 1873 – Sheridan Le Fanu, Ierse joernalis en skrywer (* 1814).
- 1878 – Pous Pius IX, die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1792).
- 1901 – Japie Hauptfleisch, Boere kryger (* 1875).
- 1942 – Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige (* 1857).
- 1942 – Iwan Bilibin, Russiese illustreerder en verhoogontwerper (* 1876).
- 1959 – Daniël François Malan, Suid-Afrikaanse politikus, apartheidsargitek, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1874).
- 1999 – Hoessein bin Talal, koning van Jordanië (* 1935).
- 2019 – Albert Finney, Britse akteur (* 1936).
- 2020 – Li Wenliang, Chinese oogarts, eerste aktivis oor die uitbreek van die Wuhan-koronavirus 2019-20 (* 1986).
- 2023 – Louis van Niekerk, Afrikaanse verhoog-, rolprent- en TV-akteur en ’n teaterregisseur (* 1935).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 February. |