27 September
Voorkoms
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
27 September is die 270ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (271ste in skrikkeljare). Daar volg nog 95 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1540 – Pous Paulus III publiseer die bul Regimini militantis ecclesiae waarin die orde van die Jesuïte gestig word.
- 1666 – Zacharias Wagenaer word deur Cornelis van Quaelbergen opgevolg as kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop.
- 1819 – Pous Pius VII stel Carlos da Cunha e Menezes, patriarg van Lissabon, Portugal en Cesare Guerrieri Gonzaga, tesourier generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1821 – Meksiko bereik sy onafhanklikheid van Spanje, waarmee die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog eindig.
- 1824 – Pous Leo XII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Karl Kajetan Gaisruck, aartsbiskop van Milaan.
- 1825 – Locomotion No. 1 trek die eerste trein op die openingsdag van die Stockton and Darlington Railway, die eerste spoorvervoer maatskappy om stoomlokomotiewe te gebruik en passasiers te vervoer.
- 1905 – Albert Einstein publiseer 'n artikel oor massa-energie-ekwivalensie, wat E=mc² demonstreer.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Pole gee oor aan Nazi-Duitsland en die Sowjetunie.
- 1964 – Die BAC TSR-2, 'n Britse bomwerper, voltooi sy nooiensvlug.
- 1983 – Richard Stallman kondig die GNU-projek aan om 'n vry Unix-agtige bedryfstelsel te ontwikkel.
- 1988 – Onder leiding van Aung San Suu Kyi, word die National League for Democracy in Birma gestig.
- 1992 – In reaksie op die aankondiging van 'n ooreenkoms tussen President FW de Klerk en Nelson Mandela, kondig Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) aan dat sy party die grondwetlike samesperkings in Suid-Afrika sou boikot.
- 1996 – Die Taliban verdryf President Burhanuddin Rabbani van Afghanistan uit Kabul, stel voormalige President Mohammad Najibullah tereg, en vestig die Islamietiese Emiraat van Afghanistan.
- 2020 – Militêre botsings breek uit langs die Nagorno-Karabach-kontaklyn tussen Armenië en Azerbeidjan.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1389 – Cosimo di Giovanni de' Medici, die "Ouere", Italiaanse bankier, politikus en eerste lid van die bekende Medici-familie († 1464).
- 1601 – Lodewyk XIII van Frankryk († 1643).
- 1657 – Sofia Aleksejewna van Rusland, regent van die Tsaredom van Rusland († 1704).
- 1783 – Agustín de Iturbide, Meksikaanse bevelvoerder, politikus en keiser († 1824).
- 1858 – Ewald Auguste Esselen, Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1918)
- 1862 – Generaal Louis Botha, eerste minister van die Unie van Suid-Afrika († 1919).
- 1880 – Jacques Thibaud, Franse violis († 1953).
- 1917 – Lourens Muller, 'n Suid-Afrikaanse politikus († 2005).
- 1927 – Eli Louw, Suid-Afrikaanse minister van vervoer en tot 1994 Suid-Afrika se laaste wit speaker († 2016).
- 1945 – Misha Dichter, Amerikaanse pianis van Pools-Joodse afkoms.
- 1964 – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser († 2013).
- 1974 – Lodewijk Asscher, Nederlandse politikus van die Party van die Arbeid.
- 1996 – Astro, Amerikaanse akteur, kletsrymer en vervaardiger.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1590 – Pous Urbanus VII, 228ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 12 dae (15 tot 27 September) (* 1521).
- 1700 – Pous Innocentius XII, 242ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1691 tot 1700 (* 1615).
- 1940 – Walter Benjamin, Duits-Joodse Marxistiese kultuurfilosoof. (* 1892).
- 1981 – Robert Montgomery, Amerikaanse akteur (* 1904)
- 2017 – Raymond Buckland, Brits-gebore Amerikaanse skrywer (* 1934).