1880
Voorkoms
1880 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1875 | 1876 | 1877 | 1878 | 1879 | ◄ 1880 ► | 1881 | 1882 | 1883 | 1884 | 1885 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1880 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die Stroudley Terrier, 'n lokomotief uit 1880 van die tipe LB&SCR A1 Klasse 82 Boxhill | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1880 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Henry James publiseer sy tragedie/komedie Washington Square.
- Die Gewere-oorlog begin in Basoetoeland.
- 12 Februarie – Ermelo in Oos-Transvaal word tot landdrosdistrik verklaar.
- 24 Junie – Eerste uitvoering van O Canada, later die volkslied van Kanada, by die Congrès national des Canadiens-Français.
- 11 November – Die Bezuidenhout-affêre, weerstand teen buitensporige Britse belasting.
- 8 Desember – Die Paardekraal-volksvergadering vind plaas in die nou Krugersdorp.
- 16 Desember – Transvaal verklaar onafhanklikheid en eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog word in Potchefstroom gevuur.
- 20 Desember – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Bronkhorstspruit vind plaas.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 26 Januarie – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag († 1964).
- 23 Februarie – Ida Darling, Amerikaanse aktrise († 1936).
- 8 Maart – Elsie van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikantsvrou en kleindogter van Paul Kruger († 1945).
- 24 April – Gideon Sundback, Sweedse uitvinder, word geassosieer met sy werk in die ontwikkeling van die ritssluiter († 1954).
- 4 Mei – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner († 24 Desember 1938)
- 22 Mei – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. († 25 November 1957)
- 27 Junie – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent († 1968).
- 29 Junie – Ludwig Beck, Duitse generaal († 1944).
- 24 Julie – Ernest Bloch, Amerikaanse komponis van Switserse afkoms († 1959).
- 31 Augustus – Wilhelmina, koningin van Nederland († 1962).
- 27 September – Jacques Thibaud, Franse violis († 1953).
- 12 Oktober – Ernest Frederick Watermeyer, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1958).
- 24 Oktober – Tom Santschi, Amerikaanse akteur en regisseur († 1931).
- 1 November – Alfred Wegener, Duitse meteoroloog en geofisikus († 1930).
- 2 November – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler († 1971).
- 6 Desember – Philippus Arnoldus Myburgh, die sesde administrateur van die Kaapland († 1946)
- 28 Desember – C. Louis Leipoldt, Afrikaanse digter († 12 April 1947).
- 31 Desember – George C. Marshall, was 'n Amerikaanse vyfster-generaal († 1959).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 22 Maart – Andries Stockenstrom, regter en Prokureur-generaal (* 1844).
- 3 September – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg (* 1801).
- 22 Desember – George Eliot (pennaam van Mary Anne Evans), Engelse skrywer, joernalis en vertaler (* 1819).