Wüstiet
Wüstiet | |
---|---|
Wüstite (swart) met goethiet (bruin) | |
Kleur | swart |
Glans | metallies |
Hardheid | 5 - 5,5 (Mohs) |
Ruimtegroep | Fm3m |
Strukturbericht-kode | B1 |
Nommer | 225 |
Eenheidsel | a = 4.296 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Wüstiet is 'n mineraal. Dit is 'n ysteroksied met formule FeO. Dit is vernoem na die Duitse geoloog en paleontoloog Ewald Wüst (1875-1934).
As mineraal is dit taamlik seldsaam. Dit word in bepaalde meteoriete aangetref of anders het die mens dit meesal veroorsaak, byvoorbeeld in slakke. [1]
Kristalstruktuur
wysigDie ideale FeO-struktuur is die haliet-struktuur (NaCl), maar dit is, altans onder drukke <10 GPa nie stabiel nie, . Onder 576 °C is dit ook 'n metastabiele fase wat ekssolusie (fase-uitskeiding) kan ondergaan in Fe en magnetiet.
Wüstiet wat as mineraal aangetref word, is nie-stoigiometriese Fe1-xO en bevat daarom nie net Fe2+-ione is sy rooster nie. (Wat bo 576 °C stabiel word is Fe0.94O pleks van FeO). Die mineraal het 'n ingewikkelde defek-ordening. Die suurstofatome vorm 'n kubiese digpakking en soos in die geval van maghemiet is daar oktaëderholtes [ ]; en tetraëderholtes ( ) gevul. Indien leë holtes (defekte) met □ genoteer word kan die struktuur weergegee word as [Fe2+1-3xFe3+2x-t□x+t](Fe3+t) waar 0.04<x<0,12 en 2,0<(x+t)/t<4,5 Merk op dat in ideale NaCl-struktuur alle oktaëderholtes alleenlik en geen van die tetraëderholtes gevul is nie. Watter ordening dit presies het hang af van die samestelling en die temperatuurgeskiedenis omdat daar korte-afstandsordening kan optree (klustering). [2]
Verwysings
wysig- ↑ "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019.
- ↑ Wüstite (Fe1-xO): A Review of Its Defect Structure and Physical Properties Robert M. Hazen. Raymond Jeanloz Reviews of geophysics and space physics 22(1), bls. 37-46, Februarie 1984