Anna van Groot-Brittanje
Anna (Engels: Anne; 6 Februarie 1665 – 1 Augustus 1714) het op 8 Maart 1702 koningin van Engeland, Ierland en Skotland geword. Sy het haar swaer, Willem III van Engeland en II van Skotland opgevolg. Haar Katolieke pa, Jakobus II en VII, het geabdikeer en haar swaer en suster het toe mede-monarge geword as Willem III & II en Maria II, die enigste so ’n geval in die geskiedenis van Brittanje. Ná Maria se dood in 1694 het Willem alleen regeer tot sy dood in 1702.
Anna | |
---|---|
Koningin van Groot-Brittanje (voorheen koningin van Engeland, Ierland en Skotland) | |
Portret van Anna in 1705 deur Michael Dahl.
| |
Vorstehuis | Stuart |
Titel | Koningin van Groot-Brittanje Koningin van Engeland |
Regeer | 8 Maart 1702 – 1 Augustus 1714 |
Ander titels | Koningin van Frankryk |
Voorganger | Willem III & II |
Opvolger | George I |
Gebore | 6 Februarie 1665; Sint James-paleis, Londen |
Oorlede | 1 Augustus 1714; Kensington-paleis, Londen |
Eggenoot | Prins George van Denemarke |
Kind | Prins William, Hertog van Gloucester |
Vader | Jakobus II van Engeland |
Moeder | Lady Anne Hyde |
Op 1 Mei 1707 is Engeland en Skotland verenig as ’n enkele staat, die Koninkryk van Groot-Brittanje. Anna het die nuwe land se eerste monarg geword terwyl sy steeds afsonderlik koningin van Ierland was. Sy het ook die titel koningin van Frankryk gehad. Anna het 12 jaar geregeer tot haar dood in Augustus 1714.
Anna se lewe was vol krisisse, persoonlik sowel as weens haar bewind. Teen 1700 was sy minstens 17 keer swanger; daarvan het sy 11 keer óf ’n miskraam gehad óf die kind is doodgebore. Van die oorblywende ses kinders is drie op hul geboortedag dood en twee voor hulle twee jaar oud was. Haar enigste seun wat ouer geword het, William, Hertog van Gloucester, is op 29 Julie 1700 op 11-jarige leeftyd dood.[1]
Omdat sy sonder oorlewende kinders dood is, was sy die laaste monarg van die Huis van Stuart. Sy is opgevolg deur haar Protestantse kleinneef, George I van die Huis van Hannover van Duitsland wat ’n afstammeling van die Stuarts was deur sy ouma aan moederskant, Elizabeth, dogter van Jakobus VI & I.[1]
Kinders
wysigNaam | Gebore | Oorlede |
---|---|---|
Doodgebore dogter | 12 Mei 1684 | 12 Mei 1684 |
Mary | 2 Junie 1685 | 8 Februarie 1687 |
Anne Sophia | 12 Mei 1686 | 2 Februarie 1687 |
Miskraam | Januarie 1687 | Januarie 1687 |
Doodgebore seun | 22 Oktober 1687 | 22 Oktober 1687 |
Miskraam | 16 April 1688 | 16 April 1688 |
William | 24 Julie 1689 | 29 Julie 1700 |
Mary | 14 Oktober 1690 | 14 Oktober 1690 |
George | 17 April 1692 | 17 April 1692 |
Doodgebore dogter | 23 April 1693 | 23 April 1693 |
Doodgebore kind | 21 Januarie 1694 | 21 Januarie 1694 |
Doodgebore dogter | 18 Februarie 1696 | 18 Februarie 1696 |
Miskraam | 20 September 1696 | 20 September 1696 |
Doodgebore dogter | 25 Maart 1697 | 25 Maart 1697 |
Miskraam | Desember 1697 | Desember 1697 |
Charles | 15 September 1698 | 15 September 1698 |
Doodgebore dogter | 25 Januarie 1700 | 25 Januarie 1700 |
Verwysings
wysigBronne
wysig- Benians, Ernest Alfred (1909). The Cambridge Modern History. MacMillan & Co.
- Gregg, Edward (2001). Queen Anne. Yale University Press.
- Innes, Arthur Donald (1913). A History of England and the British Empire. The MacMillan Company.
- Lednum, John (1859). A History of the Rise of Methodism in America. Philadelphia: John Lednum.
- Lodge, Edmund (1832). The Genealogy of the Existing British Peerage. Saunders and Otley.
- Waller, Maureen (2006). Sovereign Ladies: Sex, Sacrifice, and Power. The Six Reigning Queens of England. New York: St. Martin's Press. ISBN 0-312-33801-5.
- Ward, Adolphus W. (ed.). The Cambridge Modern History. Cambridge, Engeland: Cambridge University Press.
{{cite book}}
:|first=
has generic name (hulp)
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anna van Groot-Brittanje.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.